Verwag n Wonderwerk

Johan
Feb. 4de, 06:15

Here ek bid vanoggend dat ons sal verstaan dat reinheid kom deur die ingravering van die woorde wat U tot ons spreek. Nadat U Lasarus uit die dood opgewek het, het salwing gekom. Laat ons besef dat salwing altyd n wonderwerk volg. Wanneer ons by U voete sit is daar altyd salwing (Joh 12:3), maar wanneer ons in U teenwoordigheid lewe word ons gereinig deurdat U ons voete reeds gewas het (Joh 13:5) sodat ons niks anders nodig het, as dat U ons voete was, want daardeur is ons heeltemal rein (Joh 13:10). Daarom glo ons U woord in Joh 15:3 dat ons reeds rein is deur die woord wat U tot ons spreek. As ons dus in U is en U woorde in ons, kan ons vra wat ons wil en ons sal dit ontvang (Joh 15:7). Ek bid vanoggend vir elkeen wat n wonderwerk verwag, dat ons in U sal wees en toelaat dat U ons voete was, sodat ons volkome rein sal wees. Liewe Vader bring genesing nie net van die finansies nie, maar ook van die siel wat soms nog so vol duisternis is, was ons sodat ons U woorde sal eet en daarin volkome sal wees. Gee vir elkeen wat voor U voete sit met trane en smekinge die versekering en dankbaarheid dat die wonderwerk reeds in in hulle lewe gebeur het. Here leer ons om vas te staan op U beloftes dat ons die dinge kan roep wat nie bestaan nie asof dit bestaan (Rom 4:17). Laat U naam geheilig word, Amen.

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

ccato

Feb. 6de, 14:36
Dakie Johan vir hierdie positiewe stuk - ons waardeer dit.. Alles van die beste. Groete Heila

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na