Vandag los ek my tassie by U

Sue-s
Jan. 30ste, 07:29

Here, vandag het ek weer wakker geword. Weer die gefladder van die duiwe se vlerke in die bome gehoor. Gesit en kyk hoe die voels van die een tak na die ander vlieg, palm takke rond pluk om nes te bou, want die dag van vandag wag vir niemand nie. Ek hoor tussen die geraas van die wereld, die natuur se lofsange aan U. Lofsange omdat die nuwe dag deurbreek. Vir meeste of baie van ons, is dit nog 'n dag van bekommernis. Nog 'n dag van wonder, WAAR GAAN ONS HULP VANDAAN KOM?? Maar vandag, gaan ek my tassie by U los. Vandag gaan ek iemand anders se tassie vir hom/haar help dra. Ek is nie in staat om finansieel by te dra nie. Ek kan nie iemand uit 'n rolstoel laat opstaan nie, maar EK KAN ondersteun. Ek kan vandag my eie bekommernis in die kas bere, en dien en bedien. Ek kan op my kniee by U kom pleit vir verligting vir my mede gelowiges. Ek kan vra dat U elkeen se gebed sorgvuldig sal deurdink en U genade op elke persoon wat U aanroep sal laat rus vandag. Ek sal vandag my EIE EK begrawe. Ek sal in U diens kom staan en help en luister en bid waar U my stuur. Vandag maak ek my ore en my oe oop vir iemand anders se behoeftes. Gaan ek ophou om myself plat te dink aan my eie uitkoms. Wanneer ek iemand bedien o GOD, dan gebruik U my eie lippe om my eie antwoorde vir my te gee. Wanneer ek in U diens staan, dan gebruik U my, om my eie oe en ore te open. Ek wag nie meer vir ander om 'n verskil te kom maak nie. Ek gaan dit self doen. Deur in diens van U te staan. Deur bereid te wees om een tree in die son in te gee, sodat ek die volheid van die hitte van U genesings krag te kan ervaar. Ek le nie meer nie, ek het opgestaan. Here, hoe wonderlik moet dit nie wees om 'n nuwe opstanding in mens se lewe te kan ervaar nie. Help ons elkeen vandag, hier en nou, om die geduld te beoefen om ons kruis te dra na ons nuwe opstanding toe. Elke tree van smart en bekommernis te stap, met die wete dat die uit einde van ons laste, 'n NUWE OPSTANDING vir ons elkeen gaan wees. Help ons om uit te reik sodat ons die genot van mededeelsaamheid kan ervaar. Die vrugte van U beloftes kan proe. En laat U vrede en U kalmte ons bewaar van die knaende stem van onrus in ons. Ons los ons tassies by U vandag Here. Stuur vir my iemand wie se tassie ek kan help ligter voel. Net vir vandag Here, wil ek van my eie seer en jammer vergeet. AMEN

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na