Die Woord van God praat vanoggend met my omdat dit soms so voel ons roep en roep om genade maar dit is asof niemand hoor nie. Maar kyk wat se die psalmdigter in Ps 138:3 ...Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee. Here help my om na U te roep en net te weet U is nooit te ver om ons hulproepe te hoor nie. Ek bid dat die genade en krag van God ons Hemelse Vader elkeen wat moeg en doof is sal leer om weer te roep. Jer 29:13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Bid asb vir my dat ek die stem van die Here reg gehoor het - ek het verklaar dat die Here voor die middel van Februarie vir my finansiele uitkoms sal gee - die Here het vir my gese dat ek dit vir die ongelowiges moet vertel - sodat hulle sal weet dat niks by ons God onmoontlik is nie (Lukas 1:37). Ag Here dit sou baie makliker gewees het as ek stil gebly het, maar nou het U my opdrag gegee om dit te vertel - Here spaar my asb dat ek nie verneder word voor my vyande nie - ek weet veral my sussie die astroloog, medium en engel ligdraer, sal my spot as ek verkeerd gehoor het. Vergewe my as my hart verkeerd is en ek net na eie gewin kyk - die tyd is min en hoe kan ek eer vat, as daar niks meer is wat ek kan doen nie - beskerm U dienskneg en bewaar my van die bose. Amen