Ek het onlangs na DVD's gekyk oor die eindtyd en daar is ook baie gepraat oor 2012. Wat my nou kwel is die feit dat ek twyfel aan my redding en voel dat ek ver tekort skiet en nooit die hemel gaan haal nie - ek lees tans nie die bybel nie en sukkel om te bid. Die persoon wat die spreker was het telkens verwys na 'besoeke' van die Here en hoe net sekere mense uitgekies is en baie wat gedink het hulle sal saam gaan het agtergebly. Sal julle asb bid dat ek weer sekerheid oor my geloof sal kry. JC