My ma se toestand is nie goed nie

Johan
Feb. 16de, 14:11

My ma het n ligte hartaanval gehad, die dr se die volgende 24 uur is baie belangrik - sy kan enige kant toe gaan - sy reageer nie op enige stemme nie. Bid asb dat sy nog vir ons gespaar sal bly.

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

sgoosen

Feb. 16de, 14:26
Sterkte, ek bid dat julle rustigheid en vrede in julle harte sal ervaar en sal weet dat Hy by haar en by julle is.

rosa

Feb. 16de, 16:50
Here ek dra vir Johan se ma aan U op vandag, Here wees met haar en met Johan en hul familie wil U nie asseblief U geneesende hand oor haar hou nie dat sy gespaar sal wees vir hul, Here in die gebedskamer is daar baie wie se geliefdes deur 'n moeilike tyd gaan wat nie gesond is nie wil U met elkeen wees en die familie toerus met U krag. Here U weet wat ons elkeen nodig het nog voor ons gevra het, dankie vir U grote genade. Amen

Adri

Feb. 17de, 09:10
Jesus raak asb. vir Johan se mammie aan. U weet hoe kosbaar sy vir haar geliefdes is wat so bekommerd is oor haar. Gee hul asb. rustigheid, kalmte en vertroosting. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. Raak asb. Johan se mammie aan met U genesende hande. Ek vra dit nie om my wil nie, maar om U wil. Amen! Warm Jesusliefde Adri

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na