Vader ek bid dat U alleen vir my pa sal krag gee - die hospitaal het hom laat weet om te kom - my ma se hardklop raak al flouer - Vader om vir 59 jaar saam te wees en dan jou lewensmaat te verloor kan nie maklik wees nie - Here gee my pa die liefde om nie meer alles in te hou nie, hy kan nie alles onderdruk nie - ek bid net dat hy nog gespaar sal bly - ek weet hy is rou - Here vergewe my sussie dat sy nooit vrede met my ma gemaak het nie - na die gewas op haar brein verwyder is, het sy baie swak geword - wat is die beste om onvolmaak hier te wees of volkome gesond in die hiernamaals - bid asb vir my ma se siel dat dit nie verlore gaan nie - want sy het nog my sussie gevra om haar astrologie kaart te lees net om deur my sussie aanvaar te word - bid terwyl haar siel nog hier is dat die Here haar sal begenadig. Ek het so gebid dat my ma en sussie kon versoen voor sy heengaan - ek bid vir vrede en genade.