My ma is vandag oorlede

Johan
Feb. 17de, 15:11

Baie dankie aan almal se gebede, my ma is vandag 12h00 oorlede, presies n week na haar operasie. Ek was gelukkig alleen by die huis toe ek die tyding gekry het en kon my hart uitstort en huil en sommer ook vir al die pyne en probleme van die laaste 18 maande - voel nou baie beter. Waardeer julle moeders, praat asb baie met hulle en vertel net hoe lief julle haar het - ek het die beste ma in die wereld gehad, ek is so dankbaar dat ek en sy vrede gemaak het en is net jammer dat ek nie haar baie meer vertel het hoe lief ek haar gehad het nie. Een van my ou skoolvriende het gese sy was sy tweede ma gewees - wat 'n kompliment is dit nie...... baie lief vir almal. Bid asb dat die Here fondse sal voorsien dat ons na die begrafnis sal kan gaan....Leef in vrede met alle mense en moenie 'n dag kwaad gaan slaap vir iemand nie......

5 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Amanda

Feb. 17de, 15:33
Johan, my innige simpatie met jou moeder se heengaan. Ek bid dat ons Hemelse Vader al jou ander gebede sal verhoor, om Sy naams ontwil. Baie sterkte, Jesus drukkies vir jou!

rosa

Feb. 17de, 15:59
Johan baie sterkte vir jou en jou familie. Here U ken Johan en sy familie se hartseer, gee ook asseblief vir hom die fondse dat hy na sy Ma se begrafnis kan gaan. Amen

Skulpie

Feb. 17de, 19:20
Johan, my innige simpatie met jou moeder se heengaan. Ai my vriend ek weet hoe dit voel en bid vir jou sterkte toe. Weet net dat sy nou by God is en daarin moet jy jou troos vind. Ek dink aan jou Jesus groete .

Adri

Feb. 18ste, 07:16
Johan, die woorde is maar min. Ek is so baie, baie jammer om te hoor van jou mammie se heengaan. Ek wens ek was daar om jou 'n stywe drukkie te kon gee. Dit is hard, seer, bitter maar onthou Jesus sal jul almal in hierdie tyd vertroosting gee. Gun haar rus niemand van ons weet werklik wat se lyding mammie gehad het nie. Onthou sy is nie meer hierin siel nie, maar haar gees sal altyd met julle wees. Ek het ook 'n ouer verloor - Jesus gee my elke dag die krag om aan te kan gaan. Sterkte aan jou, pappie en geliefdes. Ek dra jul almal op in my gebede. Jesus U ken vanoggend die hartseer in Johan en sy medegeliefdes se harte. Raak hul asb aan en gee hul vertroosting in hierdie moeilike tyd. Maak hul asb. rustig en kalm. Gee vir hul asb U salf wat die seer sal genees. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. Amen! Warm Jeusliefde Adri

Chantelle

Feb. 18ste, 07:58
Johan, jy en jou familie is in my gebed. Sterkte

Erika

Feb. 18ste, 08:08
Liewe Vader, omvou Johan en sy gesin toe in U Genade en gee hulle vrede en berusting.

ccato

Feb. 18ste, 10:12
Johan, baie jammer om te hoor - mag God julle as gesin saambind in hierdie hartseertyd.... bid vir julle en baie sterkte. Heila

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na