My ma het 'n Carer nodig

Koti
Feb. 23de, 07:10

My ma (84) se Carer gaan na die buiteland om haar nuwe kleinkind op te pas. Nou het ons iemand nodig wat sal kan inslaap en haar versorg. Sy speel baie speletjies, blokraaisels, maak krale vir mense, maar sy het haar lus vir die lewe verloor. Sy is dalk ook aan die begin van Alzheimer. My pa is Desember 2008 oorlede - skielik. Bid asseblief dat ons die regte persoon sal kry - dat die Here se Wil hier sal geskied - want ons kan haar nou ook by my suster gaan laat inwoon. Dit sal haar selfstandigheid baie vinnig laat verdwyn. HELP ONS HERE OM DIE REGTE BESLUITE TE NEEM. U WEET WAT DIE BESTE IS. U HET ONS NOG ALTYD GELEI EN ONS WIL IN HIERDIE SAAK OOK U NAAM GROOTMAAK EN GETUIG OOR U GETROUHEID. IN JESUS SE NAAM. AMEN

3 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 24de, 15:26
Koti waar woon jou moeder - jy is altyd so gereed om vir ons te bid - laat weet en ek bid dat jou mammie soveel vreugde en vrede sal ervaar en dat die Here haar sal omvou met liefde en dat sy spesiaal met die Heilige Gees gesalf sal word,

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na