MOEG EN MOEDELOOS

sammy
Mar. 3de, 15:02

EK WIL BID VIR `N HUWELIK WAT GERED MOET WORD OMDAT DIT VOEL EK BID TEEN `N MUUR VAS . MY KIND MOET TERUGKOM OP DIE PAD WANT HY HET ALLES PRYSGEGEE OMDAT HY ALLES PROBEER MAAR SY WIL NIE INGEE EN DIE HUWELIK NOG `N KANS GEE NIE DAAR IS KINDERS BY BETROKKE SIEN GLAD NIE DIE KLEINKINDERS

3 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Sonja

Mar. 4de, 14:41
God van wonders, satan is besig om mense se lewens en veral huwelike te verwoes. In U naam kom ons daarteen. Neem die swaard op wat U die groot krygsman maak en verslaan die bose in hierdie familie se lewens. Ek pleit die kosbare bloed van Jesus oor almal. Mag God sy awesomeness aan hulle wys sodat hulle weer op die regte pad sal kom. Amen

ccato

Mar. 5de, 21:18
Sammy, ek weet min of meer hoe jy voel - het geleer dat jy net moet aanhou met die gebed - praat kan jy praat tot jy blou is in die gesig - die kinders doen maar net hul eie ding! Mens kry die kleintjies vreeslik jammer en dis ook gewoonlik hierdie kinders wat die swaarste kry - lyk my deesdae se 'ouers' gee ook nie veel om wat hulle aan die kinders doen nie, net solank hulle glo hul doen wat reg is vir hulself... ek bid vir jou sammy dat God hierdie kinders sal aanraak sodat hulle kan sien hoe seer die situasie julle as ouers maak asook die seer wat die kinders moet ontbeer.... Heila

fyngoud

Mar. 6de, 20:24
Wat het verkeerd geloop in die verhouding? Saak het 3 kante,syne,hare en die waarheid.Al wat regtig help is dat elke party by homself begin introspeksie doen.Niemand kan homself verander nie,maar die Heilige Gees kan,AS mens HOM vra om jou te verander soos HY jou wil he.As albei partye kan verander dan kan dit werk met hul hande styf in Jesus se hand.Ek het en was verstom oor hoe Hy my verander het.Vir God is niks onmoontlik nie.Dis die moeite werd om te probeer want egskeiding los nie probleme op nie ,veral met kinders,dit hou net aan en aan en aan.Baie keer is dit nodig vir een party om homself te probeer indink soos as die persoon vir altyd weg is asof dood.Die gevoel wat jy ervaar is presies die gevoel wat jy gaan ervaar.Dit bring gewoonlik inkeer want die gevoel is onbeskryflik.Ek het albei ervaar.Vat die troualbum en verliefde dae en herinner albei partye daaraan dat daar eens wonderlike liefde was.

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na