Ma se begrafnis 11h00 vandag en bose magte

Johan
Feb. 22de, 09:11

Bid asb vir my dat ek met liefde almal wat my aanval nie sal veroordeel nie en dat die bosemagte gebind word - in tyd van rou moet daar tog vrede wees en nie oordeel nie - van die susters is so kwaad vir my en my vrou dat ons n week voor my ma se dood hier kom kuier het - my sussie (die astroloog en medium - wat my ma en pa nie erken as ma en pa nie, maar net as siele wat nog baie lesse moet leer) val my aan asof ek die skuldige is - ek het vir haar gese dat sy haar moet bekeer van haar verkeerde wee en vrede moet kom maak met my ma - toe antwoord sy my dat ek van die duiwel en van die duisternis is en wie gee vir my die reg om te oordeel. Gestraand stuur sy sms, dat ek is verskriklik selfsugtig was om vir week by'n doodsiek vrou te kom vakansie hou het voor haar dood en dat ek nou weer n week by pa wil bly, terwyl hy gedaan is en net vir my selfsugtige redes hier by Margate vakansie kom hou terwyl daar lyding is. Ek moet dadelik huis toe gaan en my selfsug dadelik staak - my een tannie hier is saam met haar in die okkulte en het ons nie eers gegroet nie - sy is die aanhitser. Bid dat ek nie veroordeel nie en dat ek deur die genade van Jesus net sy liefde sal uitstraal. My hart is so seer dat in tyd van rou, daar soveel onmin kan wees, my ma sou baie hartseer daaroor gewees het. Al wat ek doen is om my pa te kom bystaan en te help met soveel dinge, my ma het alles gedoen, so my pa het nie eers geweet om die selfoon te hanteer nie. Baie dankie vir almal wie vir my gebid het in hierdie tyd. Ek is baie lief vir julle almal en baie Jesusliefde.

3 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

rosa

Feb. 22de, 09:27
Here ek bid vanoggend vir Johan dat U met hom sal wees en dat U sy suster tot inkeer sal bring. Maak hom sterk teen die bosemagte wat hom wil aanval dat hy U grote liefde sal uitstraal. Amen

MARNA

Feb. 23de, 04:01
HALLO JOHAN, EK HOOP VAN HARTE DAT ALLES VIR JOU GOED AFGELOOP HET. EK GLO DAT DIT VIR JOU MOEDER BAIE BETEKEN HET DAT JY IN HAAR LAASTE DAE DAAR WAS EN OOK VIR JOU PA NADAT HY MOES AFSKEID NEEM VAN SY LEWENSLANGE ANDERHELFTE. EK KAN MY NIE INDINK HOE AAKLIG DIT MOET WEES OM IN SO N TYD ALLEEN MOET WEES NIE. EK BID DAT JESUS JULLE SAL VERTROOS EN OOK VIR JOU PA WAT NOU ALLEEN GAAN AGTERBLY. MY MAN (62) Le TANS IN DIE HOSPITAAL VIR N HART OMLYNING WAT HULLE VANDAG GAAN DOEN. EK KAN NIE SLAAP NIE. EK HOU AAN BID EN GLO DAT MY GEBED VERHOOR SAL WORD. BID ASB OOK VIR ONS DAT DIE HERE IN DIE TEATER SAL OORNEEM. JESUS LIEFDE, MARNA

Koti

Feb. 23de, 06:55
Here God Almagtig en ons Vader wat heers oor alles. Wie is ons mense dat U aan ons dink? Ons is maar net 'n skaduwee wat beweeg en alles wat ons doen eindig in niks as ons U nie vrees nie. Lei ons o Heilige Gees om alles wat ons doen te doen asof dit vir U is. Help ons om ons woorde so te kies dat U verheerlik sal word daardeur. Help ons om te getuig oor hoe goed U vir ons is want anders sal ons aan die brand slaan van binne af omdat die gedagte aan U goeie dade aan ons ons sal wil verteer as onuitgesproke erkenning aan U. Here ek bid dat U Johan se bewaar van die bose. Hou hom in U hand sodat hy nie anders kan as om altyd oor U te getuig nie. Gee hom die wysheid oor wat om te doen in familie onenigheid waar U wil he ons moet ons naaste liefhe, maar nog steeds U eer moet beskerm. Nie dat U dit nodig het nie, maar as hy sou stilbly sal hy verteer word omdat U liefde soos 'n gloeiende kooltjie in sy binneste brand. Here wanneer moet ons ophou om ons te bemoei met ons familie se verlorenheid? As ons stilbly omdat ons nie U Naam wil ontheilig in argumente nie word ons verteer deur die vuur van U Heilige Gees. Is daar 'n balans? Of moet ons soos U profete van ouds optree en met U oordele bestraf wanneer ons weet dat die bose in ons familie se lewens seevier. En dit onder U Naam. Satan het ook Skrif aangehaal toe hy U versoek het. Help ons Here. Bring vrede en berusting in Johan se lewe sodat hy net sal fokus op wat U plesier. Wees met hom terwyl hy rou en sy pa ondersteun. Neem weg enige iets wat sy verhouding met U verhinder. Gee vir hom U Woord in sy mond om aanvegtinge af te weer. In Jesus se naam. Amen

ccato

Feb. 23de, 09:29
More Johan, het aan julle gedink in hierdie hartseertyd... sterkte. Heila

henisharley

Feb. 25de, 18:23
hallo johan, jong n begrafnis is vol emosies en seer. baie keer kom dinge in n mens op wat mens vir jare onderdruk het... mens kan nie n ander dwing om hom/haar te bekeer nie, mens kan n ander ook nie verander nie - alleenlik jousself... maar mens kan ver mekaar bid aanvaar mekaar soos wat julle is, wees daar vir mekaar en vind so n basis vir n beter verhouding...

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na