Lindi du Plessis - Paarl

JackieB
Feb. 18ste, 12:46

Lindi du Plessis is 26, sy is getroud met Morne en hulle woon in die Paarl. Lindi het Dinsdagaand 'n noodoperasie ondergaan agv bloeding op haar brein. Sy word in 'n koma gehou en is kritiek. Sy is 'n ongelooflike mensie. Sy is 'n ouditbestuurder by De Villiers Broodryk in die Paarl. Sy het soveel om voor te lewe. Asseblief al ken julle nie vir haar nie, vat 'n tydjies en stuur vir haar 'n gebedjie sodat die drukking op haar brein verlig kan word en sodat sy Vrydag uit 'n koma sal kom en gesond sal word. Bid asseblief vir Morne dat hy krag sal he om sterk te wees.

4 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

ccato

Feb. 18ste, 13:41
Jackie, ons bid vir Lindi en haar man, Morne... mag God hierdie twee veilig hou in Sy arms van genade... ons dink aan julle. Heila

Adri

Feb. 19de, 07:54
Jesus, ek kom dra vir Lindie en haar man Morne vanoggend op. U ken Morne en geliefdes se bekommernis oor Lindie. Raak haar asb. met U genesende hande aan en maak haar gesond. Ons het so baie om voor dankbaar te wees. Maak asb. haar geliefdes rustig en kalm. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. Amen! Warm Jesusliefde Adri

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na