Dankie Sonnett vir jou bemoediging - want die Here laat nooit beskaam nie, Hy sal ons nie in die steek laat nie. Gisteraand lees ek in Angus se Daaglikse Geloof boekie op dag 8 Februarie - Habakuk 2:2-3 Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: Angus se dat as jy 'n visie, droom of ambisie het, is dit belangrik om met ander mense te deel. Bid asb dat die Here my die krag en wysheid sal gee om vas te hou aan my visie - ek bid vir elkeen wat al moedeloos begin word het oor hulle visie - hou vas en hang dit aan die groot klok, verkondig dit van die dakke af, want ons Here .... sal vandag jou die goliat in jou lewe in jou hand oorlewe....., dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel 'n God het. Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee 1 Samuel 17:46-47. Ek bid vandag dat ons vir die wereld weer sal wys dat ons God lewe - kom ons sing lofliedere en loof die Naam van die Here, want sy goedertierenheid duur tot in ewigheid (Ps 136). Amen