Dankie vir gebed - ma is baie swak - gewas op delikate deel van brein, wag vir beslissing van dr. Ek kon deur die genade n week met my ma bestee - ek kon dit nie bekostig het nie, maar ek het dit so nodig gehad - so die vrou en kinders het die tydjie by Margate see geniet. Die Here wat my nou deur die vuur, maar ek weet dat dit beter is om in die vuur van die Here te wees, as die vuur van satan. Baie Jesus-liefde
ccato
Feb. 1ste, 21:21
Ek is bly jy kon die tyd met jou ma deurbring en so tussen-in kon jou gesin ook bietjie 'vakansie' neem en jy ook wegkom van die alledaagse in Pta.. Johan, my gebede is met jou moeder en julle familie - ek hoop en bid dat God haar sal aanraak en dat die uitslag van die dokters positiewe nuus sal wees! Bly getrou aan die Here Johan - hierdie is n pad wat ons ongelukkig elkeen moet stap een of ander tyd in mens se lewe. Dis so waar wat jy se, stap liewer die pad met Hom as daarsonder.... net die beste. Rustige aand/dag vir julle. Groete