Ek voel so na aan die grond vandag. Het twee pragtig seunskinders (4 & 7) , maar luister glad nie vir my nie, ek weer op my beurt vergil en verskree vir hulle uit woede omdat hulle nie luister nie. Ek kan nie meer so aangaan nie, ek voel dood en leeg. Ons het so lank gebid om mamma en pappa te word en nou is ek 'n mislukking van 'n ma. Ek voel om my goed te vat en te loop, want so kan ek nie aangaan nie. Wanneer pappa by die huis is, praat hy een keer en hulle luister. HELP asb, ek kan nie meer nie
