Jesus ek voel vandag baie, baie bedruk en belas. Ek het vanoggend iets baie lelik gedoen en mense waarvoor ek so lief is baie seergemaak. Ek weet dit is nie verskoning nie, maar hoe moet ek uiting gee aan my gevoelens. Raak asb. daardie mense se harte aan en dat hulle my sal vergewe. Wanneer 'n mens baie kwaad is dink jy nie wat jy doen nie! Jesus ons weet by U is niks onmoontlik nie. Help my asb. om 'n beter mens te kan wees en al my gevoelens te verberg. Baie, baie dankie dat U altyd daar is vir ons. Warm Jesusliefde Adri