Hi daar al my gebedsmaatjies, ek vra asb. dat jul saam met my sal bid, glo en vertrou. My dogter Ilse het 'n baie oulike kêrel wat baie, baie lief is vir haar & haar seuntjie. Daar loop lelike skinderstories oor haar, haar seuntjie en my en my man rond. Sy ouers ken ons van geen kant af nie, maar oordeel ons geweldiglik en behandel haar kêrel soos 'n stuk vloerlap. Hy is 'n dierbare kind - altyd gewillig om te doen alles wat jy hom vra. Sy ouers het hom belet om met Ilse in aanraking te wees, maar hy is reeds oor 21. Dit maak my wat haar mammie is baie, baie, baie hartseer. Hoe kan sy ouers so onregverdig wees - hul aan skinderstories steur wat nie eers die waarheid is nie. Jy kan egter sien dat die 2 jongmense baie, baie lief is vir mekaar. Jesus, my Abba Pappa, ek kom vandag na U toe vir hulp & vertroosting. Raak xxx (U ken hom) se ouers aan en werk met hulle, dat hulle kan sien dat die stories wat wyd en syd verspreid is, nie die waarheid is nie. Laat hulle soos ouers vir XXXXXXXX is en maak hom rustig en kalm. Abba Pappa U weet dat XXXXX & Ilse harte het, hulle kry baie, baie seer in die proses. Maak my en haar pappie oor rustig & kalm oor die hele aangeleentheid. Dankie vir die pragtige seuntjie wat U aan haar & aan ons toevertrou het. Ons weet niks is by U onmoontlik nie. U is ons grootste Geneesheer van alles. U ken ons elkeen se bekommernis en hartseer. Dankie Liewe Jesus. Warm Jesusliefde Adri