Een van my vriende en sy vrou was Saterdagaand in 'n ernstige motorongeluk. Gelukkig was hul kinders nie in die motor nie. Hy het sy een been op twee plekke gebreek en sy vrou albei haar bene. Hulle het nou al die genade en gebede nodig wat hulle kan kry aangesien hul drie kinders het met die jongste meisiekind wat nog nie 'n jaar oud is nie. Mag ons Vader hulle dra deur hul hersteltyd.