Genade van Bo

Marelize
Feb. 23de, 10:34

Ons is 4 jaar gelede deur 'n retrenchment met my man, en dit het ons baie hard geslaan en teruggesit. Nou het hy 'n wonderlike geleentheid om 'n besigheid oor te neem op 'n kleiner dorp in die supermark veld. Dit sal beteken dat ons moet trek, kinders na nuwe skole moet gaan en ek werk moet kry. My beroep is nie baie hoogaangeskrewe in die platteland nie. Bid asb saam met my vir rustigheid.

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Erika

Feb. 23de, 10:52
Here, maak vir Marelize en haar man stil voor U dat hulle U stem kan hoor en U gehoorsaam sal wees. Gee hulle die versekering dat U vir hulle deure oopmaak met hierdie geleentheid. Amen

Johan

Feb. 23de, 18:47
Marelize ek wil net n woord van waarskuwing rig oor supermarkte op platteland, maak dood seker oor die redes waarom die pesoon vekoop - dikwels is sulke besighede kwynende besighede - ek bid dat julle vrede sal kry en dat julle voor die voete van die Here sal neerkniel en vir wysheid vra - want die Here se as ons vir wysheid vra, sal Hy dit vir ons gee (Jak 1:5). Baie Jesusliefde

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na