GEBEDSMAATJIES

Adri
Feb. 19de, 07:59

Hi daar al my gebedsmaatjies, Zirkia, Theuns, Heila en al my ander gebedsmaatjies, wat het van julle geword & hoekom is julle so stil? Jesus almal wat vanoggend bedruk, belas is dra ek aan U op. Maak ons asb. rustig, kalm sodat ons die nodige krag het om ons dagtake te kan verrig. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. U sê vir ons: "Werp al jul bekommernisse op My & Ek sal vir julle uitkoms gee. Jesus dankie dat U altyd daar is vir ons. Abba Pappa ek is so baie, baie, baie lief vir U. Amen! Jesusliefde Adri

1 gebed    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Erika

Feb. 19de, 09:37
Here, dankie dat ons weer vanmore kan hoor dat ons ons laste op U kan werp en op U kan vertrou. Vergewe ons waar ons ons nog steeds bekommer en ons eie planne beraam. Maak ons rustig met die wete dat U in beheer is. Amen.

ccato

Feb. 19de, 13:06
Hi adri, dankie vir jou omgee... kom so al om die ander dag hier op die gebedskamer maar of ek hier is of nie, bid ek vir die gebedsvriende!Ek bid veral vir Johan en sy familie met die afsterwe van sy moeder asook vir elkeen hier wat siekte, hartseer, eensaamheid, finansiele probleme beleef. Lekker naweek en net die beste wense vir jou Adri.. Heila

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na