FINANSIES

rosa
Feb. 2de, 10:58

Here dankie dat my dogter toelating gekry het om haar finale jaar te voltooi, Here help ons dat ons die geld voor vrydag sal kan kry dat sy kan registreer om haar studies te voltooi. Here help ons om volkome op U te vertrou, vir U is niks onmoontlik nie U kan dinge omkeer, U het water uit 'n rots laat kom, U het in die woestyn riviere laat loop. Here wees met die res van die gebedsmaats, U weet wat elkeen van ons se behoeftes is nog voor ons gevra het. Amen

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 3de, 04:47
Vader ek bid vir Rosa en haar dogter en dat sy met groot sukses haar studies sal voltooi. Ons ken ten dele en verstaan nie altyd hoekom ons so beproef word nie, maar Liewe Jesus U kan vir ons intree by ons Almagtige Vader - vergewe ons sondes en laat ons ook die wat teen ons sondig vergewe. Ons weet dat bevryding kom deur vergifnis - as U ons vergewe word ons bevry en as ons vergewe kom die ander persoon vry - dit is die volkome liefde en dit is om te vergewe. Jesus nou kom ek in U Naam en vra vir n wonderwerk in Rosa se lewe. Here soos Petrus gehoorsaam moes wees en n vis moes vang om die belasting te betaal, so bid ek dat ons sal leer om op U opdrag te wag en dan sal ons kan betaal, dit wat betaal moet word.

rosa

Feb. 5de, 09:23
Here ek wil net vanoggend vir U kom dankie sê dat U vir Christine op ons pad gesit het, wat my dogter gaan uithelp om haar studies te betaal die jaar en dat die universiteit uit stel gegee het tot woensdag dat sy dan kan registreer sodra Christine en haar man sy geld kry. Dankie Here dat ek nou meer sekerheid in my werk ook het. Dankie dat U so 'n wonderlike God is.

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na