Dagse Gebedmaats! Dit is darem n hele ruk sedert ek laas op die gebedskamer was! Die nuwe gebedskamer is oulik, maar iets om aan gewoond te raak! Ek vra vir voorbidding van elkeen asb! Ek wil opnuut my hart en siel vir God gee, TOTAAL EN AL!!!! Ek wil dit met oorgawe voel sodat ek innerlike vrede kan smaak! Ek wil ophou om my oor alles te kommer, en net Vrede ervaar wat ons net by Hom kan kry!! Ek IS lief vir Jesus, maar dit voel nie of ek hart en siel in my Christenskap uitleef nie! Ek WIL ander mense deur Sy oe raaksien, ek wil ophou oordeel...... ek wil net begin LEEF!!! En ek wil dit uitstraal!!!! HELP MY ASB VANDAG JESUS, EK SMAG OM N WARE KONINGSKIND GENOEM TE WORD!!! EK WIL VIR U LEEF!