Ek is so moeg

Lizan
Feb. 7de, 20:28

EK wil so graag weer vroeg soggens opstaan en stiltetyd in die oggend hou wanneer my man en klein besige kindertjies nog slaap. Dis net anders as enige ander tyd in die dag. Ek het my tyd met die Here so nodig. Ek WEET hy kan my ystergebrek wegneem en ek WEET hy kan my krag en tonne energie gee sodat ek hom nie net kan aanbid nie, maar ook Sy werk in my lewe uitvoer. Asb bid dat die Here my sal genees en vir my meer energie sal gee as wat ek kan opgebruik. Dat hy al die ander negatiewe dinge in my lewe wat ook bydrae tot my moegheid en tamheid sal wegneem en my sal help om dit uit te sorteer sodat my lewe weer op track kan kom. Asb ek ken die krag van gebed. Bid vir my.

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 8ste, 08:20
Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie (Ps 66:9). My ellende het nie ongemwerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet (Ps 56:9). Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep (Ps34:16) en Hy het na my geluister toe ek hom aangeroep het (Ps 116:2). Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor (Jes 30:19)

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na