Ek is moedeloos

Chantelle
Feb. 16de, 16:09

Hello maatjies, Jammer dat ek so lank laas hier was, maar ek is so besig, met wat weet ek nie. Ek wil asb vir julle vra om vir my te bid, ek wil sooooo graag 'n mamma wees wat by die huis is saam met my dogter. Sy is hierdie jaar in Graad 1, en ek wil graag gaan kyk hoe speel sy netbal, ek wil graag saam met haar huiswerk doen. Haar pappa doen al die dinge saam met haar. Ek werk lekker, maar nie meer so lekker as in die begin in want ek mis my dogter. En sy verlang ook na my, sy het die anderdag vir my gevra dat ons bietjie meer tyd saam spandeer. Asb, die Vader weet hoe voel ek, maar ek wil net rustig word. Asb, ek voel so hartseer!! Want my kind is my wonderwerk!!!! En nou skeep ek haar af!! Dankie . Jesus Groete Chantelle

1 gebed    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 17de, 08:21
Chantelle ek het soveel mammas gesien wie gewerk het en baie meer vir hulle kinders beteken het as mammas wat by die huis gebly het. My mammie het soveel vir haar kinders opgeoffer, sy het by die huis gebly en ons so gedryf om te presteer, nou is die een kind 'n volslae verslaafde, die ander kind dink sy is 'n heks wie se siel nog baie lesse moet leer op aarde en ek die buite egtelike kind vir wie my ma baie keer gese het dat sy so gewens het dat ek eerder die verslaafde kind was, is net dankbaar vir alles wat sy vir my beteken het, ek sou geen ander ma wou gehad het nie, met foute en al, want vandag weet ek dat sy net haar beste gegee het - sy is nou op sterwe, my sussie se die vliegkaartjie is te duur van die Kaap na Durban, sy het nie vrede met my ma gemaak nie - my tannie wie gewerk het en soveel van ons vriende wie die mamma werk se kinders is dol oor hulle. Gee wat jy kan, maar bo alles gee net liefde en liefde en jou kind sal jou as 'n wonderlike mamma onthou

EDB

Feb. 17de, 12:21
Middag Chantelle. Ek het jou briefie gelees en weer van vooraf besef hoe bevoorreg ek is om van die huis af te kan werk. My oudste dogtertjie is ook nou gr 1 en ek kan haar elke oggend gaan aflaai en in die middae optel. Enige skoolaktiwiteit wat daar is en wat ons mag bywoon is ek daar - dis so lekker, maar weet jy ek het ook voldag gewerk toe ek swanger was met haar en na vyf maande kraamverlof is ek weer werk toe maar dit was absoluut my hartsbegeerte om by my kind te kon wees en ek het dit net 'n gebedssaak gemaak. Ek het nog so 8 maande gewerk vir my huidige werkgewer op daardie stadium. Haar maatskappy het gesluit en toe werk ek slegs vir 2 weke by 'n ander bemarker maar die persoon was sielsongelukkig in haar self so sy het ons verskree en was baie negatief. Ek het net 2 weke vir haar gewerk en toe bedank ek. Ek het vir my man se besigheid begin bemarking doen. Daarna het ek vir my verdien half gewerk vir 6 mnde en nou werk en vier jaar weer van die huis af vir haar en ek pas my werk rondom my kinders aan. So ek kry die nodige stimulasie, verdien 'n salaris en is by my kinders as hulle my nodig het. My 2de dogter is 3jr en 6 mnde en is by die huis by my. Sy speel om my terwyl ek werk. Dis so 'n groot voorreg en ek se elke dag vir die Here dankie daarvoor. Baie sterkte en hou net aan bid. Lekker dag.

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na