Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê (Matt 26:35). Die deel wat ek altyd gemis het is dat al die dissipels ook so gese of gemompel het. Is daar nie ook n Petrus in ons lewens nie en dan mompel ons ook agterna, maar niemand neem notisie nie. Liewe Jesus maak my nie n mompelaar nie, maar gee vir my die waagmoed van Petrus. In die Message is dit so mooi gestel hoe Petrus se "of course my master pays taxes: Matt 17 24-27 (The Message) the tax men came to Peter and asked, "Does your teacher pay taxes?" Peter said, "Of course." But as soon as they were in the house, Jesus confronted him. "Simon, what do you think? When a king levies taxes, who pays his children or his subjects?" He answered, "His subjects." Jesus said, "Then the children get off free, right? But so we don't upset them needlessly, go down to the lake, cast a hook, and pull in the first fish that bites. Open its mouth and you'll find a coin. Take it and give it to the tax men. It will be enough for both of us." Here Jesus ek bid vanoggend dat ek die waagmoed sal he as my skuldeisers vra of ek sal betaal om te antwoord "of Course" en dan met die geloof water toe stap in gehoorsaamheid om n vis met n goue muntstuk te vang - ja ek weet ek sal vang dat nie net vir myself genoeg sal wees nie, maar vir baie wat sukkel. Petrus was n visser, in sy hele lewe het hy nog nooit n vis met n goue muntstuk gevang nie, hy het die omstandighede geken en geweet die opdrag van Jesus is die onmoontlike, maar in geloof het hy teen sy beterwete gegaan en die beloning van geloof ontvang. Here al lyk ons omstandighede ook hoe benard en voel ek tot in my diepste siel moeg, gee vandag elkeen die krag om n wonderwerk te gaan ontvang in omstandighede wat hulle ken en weet dat dit onmoontlik sal wees om so n wonderwerk te verwag.