Bis asb vir ons besigheid.

Skulpie
Feb. 23de, 19:21

Hierdie is `n geweldige ding vir ons, aangesien ek tans 30 swart mense in my diens het, sommige kom al van 1999 saam met my en werk regtig hard en is getrou. My besigheid gaan heel moontlik deurloop onder die proses van regstellende aksie. Ek weet dat slegs GOD wat die besigheid 11 jaar terug aan my gegee het dit kan weg vat. HERE EK BID OPREG DAT U ASB DIE SAAK SAL OORNEEM EN SELF BESLUIT WAT VOORENTOE. EK VRA IN U NAAM DAT EK NIE VERBITTERD RAAK NIE, DAT U SAL VOORSIEN VIR INKOMSTE. HERE, MAG EK VRA HOEKOM SEEVIER SATAN DAN OOR ONS DOMEIN. WANNEER STOP DIE GEMORS OM ALLE BLANKES UIT TE WERK. ONS WERK OOK MOS HARD, IS ELKE DAG GETROU. VERGEWE MY ASB AS EK U TE NA KOM. LAAT U LIG ASB SKYN OOR ONS EN SO OOK U GENADE. AMEN (Ma Truida)

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Skulpie

Feb. 23de, 19:32
Hi almal, `n deel van my versoek het verlore geraak. Die nuwe formaat is vir my nog grieks. Sal gou weer probeer verduidelik. Ons het hiedie besigheid al vanaf 1999. Ons was finansieel in die knyp en God het vir ons die geleentheid gegee on die diens te verrig vir `n baie groot maatskappy. Na 16 maande van geen kontrak en 3 jaar geen verhoging het ons by ons plaaslike bestuurder verneem dat die tipe diens wat ons en `n ander persoon in ander provinsie lewer gaan verander. Ons kan geen antwoorde nou kry voor oor miskien 1 of 2 maande van nou af. Jy kan nie so `n groot besigheid sommer net toemaak nie - daar is geweldige implikasies - mense retrench, belasting betalings, voolopige belasting,ongevalle kommissaris, arbeid konsultant, boekhouer wat klomp geld voor geskuld word a.g.v hul nalatigheid - nou moet ek ten duurste opdok,my eie inkomste, uif - ag julle wat besighede het weet dat ons werk eintlik net vir ander. Jy met die hoop verantwoordelikhede stap maar met min ander kant uit.

MARNA

Feb. 25de, 21:29
HALLO SKULPIE, EK WIL JOU VERSEKER VAN MY GEBEDE. ONS IS IN DIESELFDE BOOTJIE. ONS MOET BEHOORLIK ONS VINGERS AFWERK OM NET ALLE DIE BALLE IN DIE LUG TE HOU. DIT IS GEEN GRAP NIE. NOU Le MY MAN IN DIE HOSPITAAL MET N 3X HARTOMLYNING. AL DIE VERANTWOORDELIKHEDE IS NOU MYNE EN OOK VIR DIE VOLGENDE JAAR. WAAR SOU EK WEES SONDER MY HERE. HY IS GETROU. ONS MAAK DIT NET ELKE EINDE VAN DIE MAAND. EK HET GISTER GEHOOR DAT DAAR R10 000 IS ( N GEDEELTE VAN DIE NARKOTISEUR SE FOOI) WAARVOOR DIE MEDIES NIE GAAN BETAAL NIE. EK SAL DIE BERG KLIM AS EK DAAR KOM. ONS MOET BY MEKAAR STAAN EN MEKAAR VERSTERK. EK BID VIR JULLE. JESUS LIEFDE MARNA

Erika

Feb. 24de, 07:24
Here bring ook vir Skulpie uitkoms met haar besigheid. Ek bid ook vir alle besighede wat swaar kry in hierdie tye. Here, help ons om te bly glo dat U sal voorsien en dat ons ons bekommernisse op U werp. U is Almagtig en sal Uitkoms bied. Amen.

Johan

Feb. 26de, 04:43
Job het gedink dalk het my kinders gesondig, daarom sal ek n brandoffer bring (Job 1:5). Die probleem was dat Job uit vrees opgetree het en vrees gee vir Satan die reg om van ons te steel, want in Job 3:25 staan daar ....As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. Ma Truida, moenie toelaat dat satan ons deur vrees beheer nie, want die Woord van God se in 2 Tim 1:7 dat vrees 'n Gees is, so weet verseker dat satan en vrees soos 'n lui krokodil is, eers gee jy hom die pinkie, dan die arm, maar hy is nie tevrede voor hy jou heeltemal verteer het nie. Ek bid dat die gees van vrees in julle besigheid gebreek sal word en dat die guns van die Here op julle sal wees - ek bid dat julle verlos sal word van die woestyn mentaliteit van water met emmers aandra na water wat soos seeninge van bo neerdaal. Baie vrede en kalmte vir jou en jou gesin.

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na