Bid vir Noëline

vrensburge
Feb. 3de, 21:05

Hallo al die Leef vriende. Noëline ondergaan op 25/2/2010 'n groot operasie om 'n gewas aan die breinstam te verwyder en volgens statistiek is hierdie tipe operasies selfde sonder skade. Sal julle asseblief werklik vir haar intree, sodat sy rustig sal wees en dat die operasie 'n sukses sal wees. Ek vra sommer elke dag dat die gewas sal verdwyn en dat 'n operasie nie eers nodig sal wees nie. Die Here weet egter die beste en daarom laat ons Sy wil geskied. Blessings!

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 4de, 06:22
Liewe Vader leer ons om in dankbaarheid te lewe vir die gesondheid wat ons geniet, ons raak soms so verstrengel in ons eie sorge dat ons gesondheid as vanselfsprekend aanvaar. Bring groot asb vir Noeline genesing sodat ons weer opnuut sal weet dat niks by U onmoontlik is nie. Ek bid vir berusting, vrede en beskerming sodat die breinstam geen skade sal opdoen nie. Amen

Adri

Feb. 4de, 07:38
Noeline, ek wens net ek was daar om vir jou 'n stywe drukkie te kon gee! Ek dink aan jou op daardie dag en sal jou in my gebede opdra. Liewe Abba Pappa, U ken Noeline se bekommernis oor die groot operasie wat voorlê op 25/02/2010. Maar haar asseblief kalm en rustig asook haar geliefdes en vriende. Wees asseblief met die verpleegpersoneel en dokters. Gee hul die wysheid, krag en vermoë om die operasie suksesvol uit te voer sonder enige nagevolge. Hou asseblief U Genesende hand oor hulle. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. Ek vra dit nie om my wil nie, maar om U wil. Warm Jesusliefde Adri

Pieta

Feb. 4de, 15:34
By die Here is NIKS onmoontlik nie!!! Ek bid vir julle hou net Sy hand styf was,want Hy loop altyd voor Baie sterke Wie op Jesus vetrou word nooit terleurgestel nie Liefde in Jesus

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na