Bid vir my Ma

rosa
Feb. 16de, 09:19

Here ek dra my Ma aan U op vandag, Here sy moet donerdag die dokter sien, waar hy aan haar en my Pa gaan verduidelik dat my Ma kanker in die ergste graad het, hul kan nie opereer nie, hul gaan haar net pynstillers gee om die pyn te verlig, Here ek bid in die besonder vir my Pa dat hy sterk sal wees, hy is so geheg aan my Ma. Here ek bid ook vir die res van ons familie dat ons sterk sal wees en mekaar sal ondersteun deur hierdie tyd. Here verlig haar pyn ook, ek vra dit als uit U grote Naam alleen. Amen.

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Adri

Feb. 16de, 09:27
Jesus U ken Rosa se bekommernis oor haar mammie. Raak vir Rosa, haar pappie en geliefdes aan in hierdie moeilike tyd. Gee hul asb. rustigheid, kalmte en vertroosting. Jesus ek ken hul hartseer en bekommernis oor haar mammie. Dit is glad en geheel nie 'n lekker pilletjie om te sluk nie. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. Vat ons almal vandag wat hartseer en bedruk, mismoedig en onseker is en gee ons asb. nuwe krag. Verlig ook Rosa se mammie se pyn met U genesende hande. Ek bid dit nie om my wil nie, maar om U wil. Amen! Warm Jesusliefde Adri

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na