Bid asb vir my ma wat nou in die teater is om n brein gewas te verwyder - bid vir genade dat sy sterk genoeg sal wees om te veg om te lewe en bid asb dat die dokter se hande deur God vasgehou sal word sodat sy nog vir ons gespaar sal bly.
Johan ons buig die hoofde saam met jou! Baie sterkte, mag God ons smeekgebede verhoor.
Adri
Feb. 10de, 14:31
Johan ek hoop jy het vanoggend my e-pos ontvang. Is daar enige verdere nuus oor jou mammie? Warm Jesusliefde Adri
Johan
Feb. 14de, 13:58
Dankie Adri en Heila, my ma is nog steeds in semi koma, sy reageer nie juis nie - as my ma vra dat sy haar oe moet knik as sy hom hoor, dan knik sy haar oe, maar verder weet sy nie wat aangaan nie - ek glo en vertrou dat die Here spesiaal met haar in hierdie tyd praat. Baie Jesus-liefde
Adri
Feb. 15de, 09:08
Jesus, raak asb. Johan se mammie aan dat sy weer gesond sal raak. Maak hul rustig oor die aangeleentheid. Ons weet by U is niks onmoontlik nie. U weet hoe kosbaar hul mammie vir hul is. Warm Jesusliefde Adri
ccato
Feb. 10de, 18:51
Middag Johan, hoop jou ma se operasie is met sukses afgehandel - bid dat God haar sal aanraak en sal genees. laat weet hoe dit gaan. Groete Heila
Adri
Feb. 12de, 08:54
Johan, wil net graag weet of daar enige verdere nuus is oor jou mammie? Warm Jesusliefde Adri