Sonder om te veel besonderhede te gee, wil ek graag vra dat julle my huwelik sal opdra aan die Here. Dat hy weer vir my en my man iets sal gee om saam te doen, dat ons weer verlief raak opmekaar en dat ons weer tyd sal maak vir mekaar. Ja, soos met meeste ander paartjies, het dit alles verdwyn vandat ons geseen is met 2 pragtige kinders - nou 6 en 8. Dit voel net asof daar nie meer tyd vir al hierdie dinge is nie. My prioriteite is nie reg nie. Ek het al 'n geweldige ver pad gestap die afgelope paar maande wat my geloof betref en ek dank die Here daarvoor. Ek mis die kameraadskap/verliefdheid-gevoel in my huwelik - ons is al 14 jaar getroud. Hierdie gebedsversoek kom omdat ek dit was ek mis in my huwelik, by 'n man baie jonger as ek gevind het. Daar het nog niks verkeerd gebeur nie en ek sal ook nie dat dit gebeur nie. Die duiwel weet egter van hierdie goeie vriendskap en slaan elke dag hard toe. Ek kan alleen hierdie bedreiging vir my huwelik wen deur gebed.