Ek wil graag vra vir almal se voorbidding vir my Ma, die laaste tyd het sy baie pyn, sy was die week by die dokters in Swakopmund gewees hulle het 'n sonar gedoen en gesien sy het 'n galsteen wat in die buis is, hul is nie so bekommerd daaroor nie maar het ook gevind dat sy uitgroeisels by haar niere en lewer het, sy moet Maandag 8 Februarie in die Kaap wees dat hul hier gaan besluit wat hul gaan doen, die dokters is baie bekommerd, asseblief bid dat die Here haar sal aanraak en gesond maak ek weet ons dien 'n wonderlike God en vir Hom is niks onmoontlik nie. Here ek wil vra dat U my Ma sal aanraak met U geneesende hande dat sy gesond sal raak en die pyn ook weggaan, Here ek wil ook bid vir Daniel wat ook siek is asook die ander maats in die gebedskamer. Here, U weet wat ons nodig het nog voor ons gevra het en wat elkeen van ons behoeftes is. Amen