Op 10 Feb is Xuanè gediagnoseer met kanker.Die gewas kan of op die spinaal voorkom of by die brein. Sy sal nou moet begin met radioterapie,maar sy is net drie en n half en ons glo vas dat die Here haar ten volle sal genees! Bid asb vir die klein poplappie.Sy is pragtig en het n hond uit n bos uit gesels. Bid ook asb vir haar mamma Theresa dat sy sal sterk wees en dat haar geloof sal sterk bly.En vir haar pappa Gerhard dat hy ook sal sterk bly. Xuanètjie het ook n baba sussie,wat onbewus is van als wat om haar aangaan,maar ek vra ook dat liewe Jesus haar rustig sal,so klein as wat sy is. Als in Jesus Naam*