Bid asb

Skulpie
Mar. 3de, 07:30

Goeiemore al die gebedsvriende. Ek vra asb weereens dat jul saam met my sal bid vir my besigheid. Ek het vroeer ook gebed gevra, maar het julle gebede nou net so nodig. Nog steeds is die onsekerheid daar, want ons moet nou net wag ek kyk wat gaan hierdie groot maatskappy besluit oor ons kleiner vissies. Ek weet dat ek en my man al vir 11 jaar, ons aller beste lewer, ons `n baie goeie en getroue diens lewer. Maar die regstellende monster steek kort kort sy kop uit en ons leef - wat menslik is - in groot onsekerheid. Ek het 30 mense in my diens en groot finansiele implikasies is ter sprake. So ook die mense wat vir `jou werk voel vir jou vere - hul sien jou net as `n geldmasjien. As hul droogmaak en jy durf askie teen so `n persoon neem is jy die slegste mens . Partykeer dink ek dat ons kleiner besighede regeer word deur ons eie werkers.. Gelukkig bly hierdie besigheid by die arbeids wette en hanteer ons so iets saam met ons arbeids konsultant. HERE VERGEWE MY DAT EK MY HART UITSTORT OP HIERDIE FORUM, U WEET DAT EK NET U HET OM MEE TE PRAAT EN WEEREENS HIERDIE BESIGHEID VORR U VOETE KOM NEERLE. U HET DIT VIR MY GEGEE 11 JAAR TERUG EN DIT IS U BESIGHEID WAT EK BESTUR NA DIE BESTE VAN MY VERMOEë. U WEET ALS VAN ONS AF, U WEET HOE GETROU ONS IS, ONS GEE ONS BESTE. DAARON HET EK DIE VRYMOEDIGHEID OM NA U TE KOM EN TE VRA HERE LAAT U WIL ALLEEN GESKIED. DIT IS SLEGS U WAT DEURE AN OOPMAAK EN TOE MAAK. AMEN

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Erika

Mar. 3de, 08:33
Here, bring vir Skulpie uitkoms met haar besigheid. Ek vra ook genade vir almal van ons met besighede in hierdie moeilike tye. Here, ek bid dat ons almal ons verpligtinge kan nakom. Vader, maak ons sterk om aan te hou te glo en te vertrou op U. Dit voel of U nie ons hulproep hoor nie, maak ons asseblief nie negatief nie. Vader, laat ons U Stem hoor, en op u vertrou. Amen

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na