ASB HEER

ES
Mar. 2de, 16:36

Liewe Heer, soos wat ek elke dag bid vra ek net weer. Druk asseblief op ons kliënte se harte om hul rekeninge te vereffen. Heer ek kan nie verstaan hoekom sommige so kan sloer nie. Ek moet weer eens met 'n skaam gesig voor my verskaffers staan en vra vir uitstel. Hoekom??????? Ons probeer regtig hard om almal van diens te wees en gaan uit ons pad om almal tegemoed te kom. Ek is nie ondankbaar nie. Ons besigheid is regtig geseën met al die werk wat inkom. Ons raak net soms moedeloos as kliënte wat voor die tyd 'n kwotasie aanvaar, nie wil betaal nie! Dankie Heer dat U ons in die byna 2 jaar nog nooit in die steek gelaat het nie. Amen

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na