5 maande getroud en my man wil skei

Alisha
Feb. 15de, 17:29

Ons is 5 maande getroud en my man het besluit hy wil skei. Hy se net hy is nie meer lief vir my nie en dat sy gevoel vir my dood is. Dis so seer. Ek het lank gewag vir hom, my rein gehou. Ons is beide 34 jaar oud. Hy is aan pornografie verslaaf en ek dit als het n deur oopgemaak vir waar hy nou is. Ons is so betrokke by die ons gemeente maar nou wil hy niks met die kerk te doen he nie. Ek is so stukkend. Ek weet nie hoe wat en waar nie. Ek is veronderstel om nog in die wittebroodfase te wees ... en nou? Bid asb dat God binne in hierdie situasie sal wees. Ek kan nie beskryf hoe ek voel nie.

3 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Adri

Feb. 16de, 08:34
Alisha, ek wens ek was net daar om jou 'n stywe drukkie te gee. Hoe kan jou man eweskielik nie meer lief wees vir jou nie? Jesus U ken Alisha se hartsbegeerte - raak haar asb. aan,k maak haar rustig en kalm en gee sal vir die verskriklike seer. Raak haar man aan en maak sy oë oop met die onheil waarmee hy besig is. Raak asb. sy hart aan want hy gaan 'n baie goeie vrou verloor. Ons weet by U is niks onmoontlik nie! Alisha glo en vertrou en Jesus sê vir ons: "Werp al jul bekommernisse op my". Moet nie gaan terugsit nie, staan op en baklei terug vir wat jy liefhet. Warm Jesusliefde Adri

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na