Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Pexels & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Skoonheid is oral om ons, liefde is eindeloos en vreugde vloei uit ons alledaagse bestaan.’ Dominic Owen Mallary

Mooi én gesond

Maak jou eie gesigsmasker met die hulp van Moringa Mircal Supplements Superfood Powder. Moringa bevat nie minder nie as 46 anti-oksidante, onder meer vitamiene A, C en E en selenium wat die vel en weefsel beskerm. Meng ‘n vyfde teelepel Moringa-poeier met ‘n teelepel heuning, ‘n teelepel rooswater, ‘n vyfde teelepel vars suurlemoensap, twee druppels teeboomolie en een teelepel klapperolie. Smeer oor die gesig in klein sirkelbewegings en laat die masker vir 10 minute lank droog word voordat jy dit afwas.

Kos vir jou vel

Kollageen is een van die boustene van ‘n gesonde vel. Met hul nuwe BeautiFood Nutrional Shake en Protein Bar (in French Vanilla en Caramel Latte) maak Futurelife dit maklik om daagliks die vel se kollageenvlakke ‘n hupstootjie te gee en die voorkoms van plooie en lyne binne 28 dae te versag. Die  skommeldrankie kos R149,99 vir sewe sakkies en die stafies  R27,99 elk. Eksklusief beskikbaar by Dischem. Lees meer oor hierdie nuwe produk by www.futurelife.co.za.

Organies uit die boonste rakke!

Skin & Tonic London, ‘n bekende holistiese skoonheidsreeks wat uit 14 organiese produkte bestaan, is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar. Elk van dié produkte word sorgvuldig met die hand gemaak en bevat ‘n maksiumum van sewe natuurlike bestanddele. Die seëls van die verpakking word van plantaardige materiaal gemaak en kan as kompos gebruik word in die tuin. Vir meer inligting oor hierdie produkreeks, besoek Naked Organiks se webwerf, Facebook of Instagram-bladsye.

Nuut op die rak

Vrolik in oranje. Mavala Nail Colour Cream in Phoenix. R87.

SkinPhD Cellulite Control verminder die lemoenskilvoorkoms aan die vel. R440.

Bionike Defense My Age Intensive Renewing Serum help om ‘n verouderde vel te vernuwe. R415.

Skep perfekte wenkbroue met Elizabeth Arden Beautiful Colour Brow Perfector. R370.37.

Epimax Plus Foot Cream hou voete en hake sag en glad. R37.

Heliocare 360 Water Gel Sunscreen bevog die vel en bied langdurige beskerming. R450.

John Frieda Frizz Ease Cream Curls Curl Defining Créme laat krulle op hul mooiste vertoon. R139.

Uit respek vir die natuur. Burt’s Bees Beeswax Lip Balm versag lippe met byewaks. R75.

Refectocil Care Balm voed wimpers en wenkbroue saans met kasterolie. R245.

2019-10-31T19:17:21+00:00