Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

Words to love by

Words to Love By is geskryf deur die New York Times Topverkoper-outeur Rick Warren wat bekend is vir die boek The Purpose Driven Life. Hierdie inspirerende boekie kyk in diepte na taal en hoe kinders woorde kan gebruik om ander aan te moedig, ander te vergewe, hul dankbaarheid te toon, gesond te word en hoe om vir ander te wys hulle is lief vir hul. Met behulp van die pragtige illustrasies deur Ag Jatknowska en die inspirerende skryfstyl van Warren sal jong lesers verstaan hoe hulle woorde ander se lewens kan beïnvloed. Woorde is miskien soms klein, maar dit kan groot dinge doen! Bestel jou kopie by ??

Slaaptyd-gebedjies vir klein hartjies

Skep ’n spesiale slaaptyd-roetine vir kleingoed tussen 3 en 6 jaar met rympies wat hulle wys hoe lief God hulle het. Stap saam met oulike dierefamilies terwyl hulle leer hoe om te bid oor elke oomblik van die dag – die lekker tye, die moeilike dinge, en alles tussenin. Of die diere vir God vra om hulle te help om ’n gunsteling speelding te vind, of vir Hom dankie sê vir die dag se avontuur, Slaaptyd-gebedjies vir klein hartjies sal help om slaaptyd ’n spesiale stiltetyd te maak. Dit sal ook help om God se Woord in kleingoed se hart te vestig. Slaaptyd-gebedjies vir klein hartjies bestaan uit 10 pragtige rympies. By elke rympie is daar ook ’n teksvers wat klein hartjies sal help om God se liefdevollehart te ontdek wat ons altyd sal vergewe. Bestel jou kopie by ??

Noag se ark

Die Bybel is vol beloftes wat God vir sy kinders gemaak het. Een van die bekendste beloftes, is die een wat Hy aan Noag gemaak het en die reënboog wat hy as teken daarvoor gegee het. In die oulike kartonboekie Noag se ark word hierdie storie eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook ’n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou ’n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar. Bestel jou kopie by ??

Gebede vir kleingoed

Hierdie oulike boekie is ’n versameling pragtig geïllustreerde gebede wat kinders leer om met God te praat. Gebede vir kleingoed bied gebede wat ouers vír hulle kinders kan bid, gebede wat ouers sáám met hulle kinders kan bid en gebede wat ouer kinders sélf kan bid. Die gebede is gerangskik onder temas soos etenstydgebede, gebede vir familie en vriende, gebede vir spesiale geleenthede, dankgebede en slaaptyd­gebede. Hierdie gebedeboek is ideaal om kinders aan te moedig om hulle lewe met God te deel en meer van sy liefde vir hulle te leer. Bestel jou kopie by ??

2019-10-31T20:17:05+00:00