Fliek & musiek

Hier is van die jongste CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Behold Deluxe A Christmas Collection (CD) Lauren Daigle

Die gewilde Lauren Daigle gaan terug huis toe vir Kersfees met klasieke Kersliedere met ’n tipiese en herkenbare New Orleans klank en gevoel. Hierdie CD bevat al tien die snitte van die oorspronklike Behold CD plus drie addisionele gunstelinge. Bekende Kersliedere soos O Come All Ye Faithful, Jingle Bells en Merry Little Christmas maak hierdie CD die ideale keuse vir die komende Kersseisoen. Die CD spog ook met ’n lekker opgewekte en ritmiese verwerking van What Child is This. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/behold-deluxe-cd.

The Story’s Not Over (CD) Jeremy Camp

The Story’s Not Over is Grammy-genomineerde sanger en liedjieskrywer Jeremy Camp se  twaalfde album en is ’n ware viering van sy sukses as beide sanger en liedjieskrywer. Hierdie CD spog met 11 snitte in ware Camp-styl met ’n sterk boodskap in elke snit. Die gewilde snit Dead Man Walking was ’n reuse sukses vir Camp met die beste openingsweek nog op radio in sy loopbaan. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-story-s-not-over-cd.

Light of Christmas (CD) Tobymac

Tobymac het reeds sewe Grammy-toekennings gewen en spog nou met ’n pragtige Kersfees-album met 10 pragtige snitte. Hierdie is ’n genotvolle album met Can’t Wait for Christmas saam met Relient K, die 2016 radio-treffer Bring On The Holidays, asook snitte van sy 2011 sukses-album Christmas in Diverse City. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-light-of-christmas-cd.

The St. Nemele Collab Sessions (CD) Tobymac

Hierdie is Tobymac se jongste projek. Met gewilde treffers soos I Just Need U, Everything en The Elements. Ander kunstenaars wat op die CD gehoor kan word, is Bart Millard van MercyMe, Crowder, Jen Ledger, Cory Asbury en vele meer. Die CD spog ook met ’n splinternuwe snit genaamd Heart Of My Beat. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/st-nemele-collab-sessions-cd.

2019-09-30T17:20:21+00:00