Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Breakthrough  

Breakthrough is gebasseer op die inspirerende ware verhaal van ’n ma se ongelooflike en onvoorwaardelike liefde vir haar seun te midde van die onmoontlike. Wanneer Joyce Smith se aangenome seun, John, deur die ys van ’n gevriesde meer in Missouri val, is alle hoop verlore. Hy was te lank onder die ys vasgevang en alle tekens wys dat hy nie die voorval kan oorleef nie. Maar Joyce weier om op te gee. Haar standvastige geloof inspireer almal om haar en so begin ’n hele gemeenskap bid vir sy herstel. Hierdie rolprent is gebasseer op Joyce Smith se boek met dieselfde titel en is ’n herinnering vir elkeen van ons dat geloof en liefde ’n berg vol hoop vir ons kan gee, en selfs soms ’n wonderwerk.Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/breakthrough-dvd

SOZO Playlists Top Christian Hits 

Hierdie is ’n versameling van 15 van die beste liedjies van die jaar deur van die beste en gewildste kunstenaars. Met meer as 2 miljoen aanhangers op verskeie aanlyn-musiek platforms is SOZO Playlists ’n gewilde en vertroude naam wanneer dit kom by die samestelling van musiekversamelings. Nou het hulle dit ook met die gewildste Christenmusiek gedoen. Hierdie album bevat iets vir absoluut elkeen in die gesin. Van die kunstenaars wat op die album gehoor kan word is Lauren Daigle, TobyMac, Chris Tomlin, Jeremy Camp, Danny Gokey en vele meer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/sozo-playlist-top-christian-hits-cd

Sparkle. Pop. Rampage. Rend Collective

Hierdie is die gewilde Rend Collective se eerste kinderalbum met 13 snitte insluitend die gewilde liedjie, My Lighthouse. “Ons wil net vir elke ouer sê wat hulle kinders wil leer van die mooi dinge in die lewe, al voel hulle dae soms lank en chaoties, dat ons dit raaksien en weet julle doen goed. Hierdie album is net soveel vir julle as vir jul kinders, so hou bietjie op werk, hou op aan die kant maak en sing en dans saam met jul kleingoed” sê Rend Collective oor die album. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/sparkle-pop-rampage-cd

Heart of Worship Tremble 

Hierdie nuwe album deur Maranatha! Music is ’n versameling van 12 van vandag beste Christelike snitte. Die bedoeling is om mense weer te laat besef hoe groot God se genade en liefde vir ons is. Die album is ’n mengsel van regstreekste optredes en ateljee-opnames en is almal so gedoen dat individue en gemeentes maklik kan saam sing. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/heart-of-worship-tremble-cd

2019-08-31T17:42:14+00:00