Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

3-Minute Devotions for Mommy and Me

Hierdie pragtige dagstukkies vir kinders 3 tot 7 jaar is ’n ideale manier om die kleingoed van kleins af te leer om daagliks stiltetyd te hou. Die kindervriendelike dagstukkies bied geleentheid vir ouers om tyd saam met hul kinders in die teenwoordigheid van God te spandeer. Elke dagstukkie bevat ’n Bybelversie, ’n kort boodskap (geskryf vanuit Mamma se perspektief) en ’n gebedsvoorstel. Die dagstukke is perfek vir enige tyd van die dag – oggend, tydens middagete of in die aand voor slaaptyd en die kleingoed sal die pragtige illustrasies veral geniet. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/3-minute-devotions-for-mommy-and-me-paperback

365 Stories, gebede en beloftes

Hierdie boek bevat’n versameling Bybelstories, gebede en beloftes uit die Bybel. Die maklik-om-te-verstaan teks en pragtige illustrasies maak dit die ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen 5 en 8 jaar wat die gewoonte van daaglikse stiltetyd moet leer. Sommige van die bekende Bybelstories wat in die boek voorkom, sluit in die storie van die skepping, Josef, die uittog uit Egipte, Simson, Dawid en Goliat, Jona, Daniël in die leeuhok, Jesus se geboorte, die barmhartige Samaritaan, die laaste paasmaaltyd, die opstanding en Jesus se hemelvaart. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/365-stories-gebede-en-beloftes-sagteband

Radiant

Deur Priscilla Shirer

Hierdie boek is ’n persoonlike uitnodiging vir tienermeisies tot ’n opregte gesprek met topverkoper-outeur Priscilla Shirer oor hul identiteit. Shirer deel lewenslesse wat sy geleer het as tienermeisie en as volwasse vrou en sal wys hoe die lig van God se Woord haar identiteit gevorm het deur die jare en hoe dit ook jou lewe kan verander en vorm. Sy sê dat hoewel kultuur en die wêreld jou sal probeer definieer, smag ons almal egter na iets anders, iets meer wat net van die kreatiewe insig van ons God kan kom. Elkeen is geskep om Sy lig te reflekteer … ons is geskep om “Radiant” Sy wil uit te straal. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/radiant-paperback-1

Revelead

Deur Alex Kenrick, Stephen Kenrick & Troy Schmidt

Wie is ek? Dit is ’n vraag wat elke jong man gereeld mee worstel. Revealed is ’n boek vir tienerseuns en sal hulle help om antwoorde op hierdie belangrike vraag te kry. Hulle sal leer dat hul identiteit in baie meer geanker is as goeie akademiese punte, hul voorkoms of hul vermoë op die sportveld. Hy wat jou geskep het, is die Een wat jou die beste ken en Hy is die een wat jou identiteit bepaal. Dié boek bied dus vir jong manne antwoorde op wie hulle is, waarheen hul op pad is en hoe om hul ware Christus-identiteit te ontdek en te koester. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/revealed-paperback-1

2019-08-08T18:00:43+00:00