Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet, Pexels & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Skoonheid en vreugde sal nooit sonder dankbaarheid kan blom nie.” Sarah Bran Brethnach

Soos ‘n somersaand

Sisley Soire de Lune Eau de Parfum ruik na mandaryn, suurlemoen, perske, bermoetpeer en koljander met ‘n hart van roos, jasmyn en iris en ‘n tikkie sandelhout en Indonesiese patsjoelie. R3 557 vir 100 ml.

Méér as beskerming

“Gedurende die winter is die effek van UVA en UVB bestraling op die vel hoër as in die winter en is die gebruik van sonskerm dus van uiterste belang. Ons kan ook nie die effek van die hoër vlakke van besoedeling hierdie tyd van die jaar op die vel ignoreer nie” sê Dr. Maria Vitale, mediese bestuurder van die dermatologiese afdeling van Cantabria Labs wat die Heliocare-sonskermreeks vervaardig. “92% van die wêreld se bevolking is tans blootgestel aan hoër besoedelingsvlakke as wat veilig is vir jou vel. Deur elke dag ‘n breë-spektrum sonblok met ‘n SBF van hoër as 30 aan te smeer én jou vel met anti-oksidante te beskerm, is die enigste manier om die effek van die vrye radikale te neutraliseer en die vel te beskerm. Boonop kan die effek van sigbare lig, ultra-violetstrale en die blou lig van foon- en rekenaarskerms nie misgekyk word nie.” Heliocare span die krag van Fernblock, ‘n varing-ekstrak uit Sentrale Amerika, in om die vel te beskerm. Die reeks produkte bestaan onder meer uit die Heliocare advanved spray SPF50, Heliocare advanced gel SPF50 en die Heliocare color gelcream light SPF 50 wat saam met Heliocare Ultra Oral Capsules gebruik word om die vel deeglik te beskerm. Vanaf R295.

Die krag van ‘n ampule

‘n Splinternuwe reeks ampules vir vel is pas deur Endocare bekendgestel. Daar is drie verskillende reekse beskikbaar, propvol gekonsentreerde aktiewe bestanddele wat ingespan word om die vel te vernuwe. Die ampules word soos ‘n tonikum ‘n tyd lank gebruik om die vel weer ‘n hupstootjie te gee. Die reeks produkte bestaan uit die Endocare [concentrate] Antiaging Dermal Regeneration (R750), Endocare tensage [concentrate] antiaging firming (R950) en die Endocare C Pure [concentrate] Brightening Dermal Antiaging Regeneration (R850) wat onderskeidelik gebruik word om aan jou vel se unieke behoeftes te voldoen.

Kruie wat genees

Meer as 60 jaar gelede het Dr. Christine Schrammek die genesende uitwerking van kruie ontdek en die oorspronklike Dr. Schrammek Blemish Balm ontwikkel. Vandag bestaan die Dr. Schrammek-reeks uit ‘n wye verskeidenheid velsorgprodukte. Ek het onlangs ‘n Dr. Schrammek Green Peel by die Evolve Day Spa in Boskburg probeer. Tydens hierdie behandeling word die krag van kruie ingespan om die vel te suiwer, van dooie selletjies ontslae te raak, te stimuleer en te vernuwe. Dit help ook om die vel te verbeter en ‘n verskeidenheid velprobleme te genees. Die behandelinge kos vanaf R995 vir 30 minute. www.evolvedayspa.co.za.

Oefening vir jou vel!

Sorbet het onlangs ‘n gevorderde nuwe velsorgreeks bekendgestel wat spesiaal vir die groep ontwikkel is. Die 365 Skin Workout bestaan uit verskillende reekse wat vir jou vel se unieke behoeftes ontwikkel is en sluit in Renew (teenveroudering), Bright (pigmentasie), Restore (vir sensitiewe vel), Balance (vir ‘n probleemvel) en Healthy (vir alles veltipes). Die produkte beloof om effektief te werk en ook dat jy minder produkte as gewoonlik sal nodig hê om die gewenste resultate te verkry. ‘n Spesiale skandeermasjien word ingespan om die korrekte analise van die vel te bepaal. www.sorbet.co.za.

Nuut op die rak

Avéne XeraCalm Lipid-replenishing Balm kalmeer en herstel ‘n sensitiewe vel. R319,95.

pHformula Vita Mask Brigt Overnight verhelder en vernuwe die vel met die krag van vitamien C. R643.

Inoar 2-in-1 showergel & shampoo bied gesonde sorg vir die hele gesin. R320 vir 1 liter.

Heliocare Advanced Gel SPF 50 beskerm teen UVA, UVA, sigbare lig en ultravioletstrale. R295.

Optiphi Delta Rt+1 Retinol Serum 1 vernuwe die vel met behulp van ‘n gevorderde formule wat bestaan uit retinoësuur en vitamien E. R850.

Elizabeth Arden Eight Hour Cream All-Over Miracle Oil troetel gesig, lyf en hare, perfek vir ‘n droë winterlyf. R425.

RefectoCil Care Balm voed wimpers en wenkbroue met versterkende olies, terwyl jy slaap. R150.

African Extracts Radiance Detox Gel Cleanser suiwer en streel die vel met rooibos-ekstrak. R139.

Essence Bronzing Drops gee kleur en glans aan die gesig. R79,95.

2019-06-30T22:04:42+00:00