Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

Bible Numbers & Bible ABC’s

Die 40 prettige en kleurvolle Bible Numbers flitskaarte, aan albei kante gedruk, sal kleingoed tussen drie en ses jaar leer tel van 1 tot 20, asook help met ander toekomstige wiskundige konsepte. Elke kaartjie vertoon die nommer en ook uitgeskryf. Elke nommer word gekoppel aan ’n Bybelkarakter of voorwerp en ’n spesiale Bybelvers. Daar is ook oefen-kaarte wat die kleingoed help om die uitskryf van die verskeie nommers te oefen. Hierdie oulike kaarte is ’n prettige, geloofsgebaseerde en maklike manier om die kleingoed meer oor syfers te leer. Die Bible ABC’sflitskaarte doen dieselfde, maar met die alfabet. Die stel 40 kaarte, ook aan albei kante gedruk, help hulle met die vorming en skryf van letters, die verskil tussen hoofletters en kleinletters en lees. Die pragtige volkleur-illustrasies sal hulle aandag prikkel en met die oefenkaarte kan hulle elke letter van die alfabet leer skryf. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%226006937146914%22*%226006937146938%22

My Jesus-joernaal

Deur Marian Timmermans

My Jesus-joernaal is perfek vir tienermeisies. Elke bladsy in hierdie kreatiewe joernaal is ideaal vir krabbel, verf, plak, mooimaak en teken. Aktiwiteite met moderne ontwerp en lynsketse sal lei tot ure se pret terwyl die teksverse en geloofsgebaseerde boodskappe meisies sal aanmoedig om in hul geloof te groei terwyl hulle ook meer toegewy leef aan God. Marian Timmermans is ’n Nederlandse skrywer met ’n hart vir kinders en jongmense. Sy is mede-eienaar van Young & Holy, ’n organisasie wat spesialiseer in jeugwerk. Sy is passievol om die jeug te bereik en hulle na God te lei. Marian het al verskeie kreatiewe boeke geskryf wat daarop fokus om jong harte te inspireer om te groei in hulle geloof. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=My+Jesus-joernaal

My eie gebedsjoernaal

Deur Agnes de Bezenac

Dit is so ’n wonderlike voorreg om te bid! Om alles wat in ’n mens se hart is met die Skepper van die heelal te deel. Hierdie is ’n kreatiewe joernaal wat tienermeisies lei om die vreugde te ervaar van elke dag met Jesus praat. Die handige gebedsidees wat meisies lei om vir God, hulleself en ander te bid, ruimte om daardie gebed neer te skryf en prettige lynsketse wat hulle kan inkleur, sal hulle help om meer gefokus te bid en te groei in hulle daaglikse gebedslewe. Met hierdie gebedsjoernaal sal meisies ervaar hoeveel vreugde en seën daarin opgesluit is om vir ander en vir hulself te bid. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-eie-gebedsjoernaal-sagteband

The Purpose Driven Life 100 Devotions for Children

Deur Rick Warren

Hierdie pragtige boek, geskryf deur Rick Warren en pragtig geïllustreer deur Morgan Huff, spog met 100 deurdagte dagstukke spesiaal vir kinders. Saam met die kleurvolle illustrasies help die dagstukke die kleingoed om ’n beter begrip te kry van God se wonderlike plan met hulle lewens. Dit is gebasseer op die topverkoper-boek The Purpose  Driven Life van Rick Warren en fokus op relevante kwessies en Skrifgedeeltes wat veral aanklank sal vind by die kleingoed en die uitdagings waarmee hulle gereeld gekonfronteer word. Dit gee ook met elke dagstukkie ’n realistiese en praktiese voorbleed wat hulle help om God se doel met hul lewens te verstaan en te verstaan hoe belangrik hulle vir God is. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-purpose-driven-life-100-devotions-for-children-hardcover

2019-06-01T14:15:24+00:00