Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“As die liefde in jou groei, groei skoonheid ook. Want liefde is die skoonheid van die siel.” Augustinus

Geur-avontuur

Michael Kors Wonderlust Eau Fresh is ‘n geur wat verwagting en opwinding vergestalt. Dit ruik na bermoetpeer, pink pomelo, suurappel, jasmyn, wit pioenroos en sandelhout uit Sri Lanka. R1 035 vir 30 ml.

Vlekloos

Chanel Ultra Le Teint Flawless Finish Foundationvoel sag en gewigloos op die vel en laat die gelaat vlekloos mooi. Die onderlaag is langblywend en bevat “sagte fokus silikoonpoeier” wat donker kringe, merkies en vlekkies help verdoesel. Dit laat die vel van vroegoggend tot laataand vogtig en douvars voel. R925.

Egte skoonheid

Authentic Beauty Concepts is ‘n splinternuwe reeks professionele haarsorgprodukte wat pas bekendgestel is. Dié wye reeks produkte fokus op egtheid, suiwerheid en eenvoud. Dit bevat natuurlike bestanddele en is boonop vegan-vriendelik. Die verpakking is herwinbaar en die produkte is nie op diere getoets nie. By die salon behels ‘n behandeling met hierdie produkte ‘n unieke ontspanningsritueel om jou te koester en te laat ontspan. Vanaf R380. Lees meer by authenticbeautyconcepts.com.

By die salon

Selvernuwing verstadig soos ons ouer word. ‘n Professionele afskilferingsbehandeling help om selvernuwing te stimuleer en voortydige veroudering te keer.Die nuwe Dermalogica Pro Power Peel is ‘n reeks professionele afskilferingsprodukte wat die skoonheidsterapeut in staat stel om vir die kliënt ‘n afskilferingsbehandeling saam te stel wat presies by haar vel se behoeftes pas en sodoende die beste moontlike resultate te verkry. Die vel word eerstens deeglik ontleed en die gepaste behandeling daarna toegepas. Lees meer by www.dermalogica.co.za.

Nuut op die rak

Inoar Sensitine is spesiaal geformuleer om ‘n sensitiewe kopvel te kalmeer en bevorder boonop haargroei. R560.

Catrice Kaviar Gauche Blush & Glowgee glans aan die gelaat en is vir ‘n beperkte tyd op die rak beskikbaar. R89,95.

Elizabeth Arden White Tea Eau de Toilette is nou ook in Wild Rose en Vanilla Orchid-geure beskikbaar. R825 vir 100 ml.

Sisley le phyto Rouge gee luukse, langbywende kleur aan die lippe. R709.

Optiphi Body Curve Scar Therapy Stretch Mark and Scar Corrector help om letsels vinnig te genees en rekmerke te verminder. R850.

Eucerin Hyaluron-Filler Night Peeling Serum vernuwe die vel en versag plooie terwyl jy slaap. R499,99.

Elizabeth Arden Prevage Progressive Renewal Treatment Serums vernuwe die vel sagkens binne vier weke. R2 100.

Avéne XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm kalmeer en voed ‘n sensitiewe vel. Dié nuwe pomphouer is steriel en sorg dat die room veilig is om te gebruik. R299,95.

African Exracts Rooibos Radiance Moisture Mask verhoog die vel se vogvlakke en streel met rooibos-ekstrak. R159,99.

2019-04-30T16:57:29+00:00