Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

My eerste Bybel met Onthou-verse

Dit is nooit te vroeg om jou kinders te begin leer van die Bybel nie en die beste manier is om hulle te help om Bybelversies te memoriseer. My eerste Bybel met Onthou-verse is ideaal vir ouers wat so God se Woord in hulle kleingoed se harte wil vestig. 22 bekende Bybelversies se betekenis word binne Bybelse konteks aan 3- tot 6-jariges verduidelik en dan word hulle aangemoedig om dit te herhaal om dit te memoriseer. ’n Handige handvatsel en knip laat hulle toe om die boekie oral saam met hulle te dra. Hierdie boeke is ook in Engels beskikbaar as My First Memory Verse Bible.Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-eerste-bybel-met-onthou-verse-sponsgevulde-hardeband-met-handvatsel.

77 Onthou-verse vir kinders

Kinders tussen 5 en 8 jaar sal hierdie boek veral geniet. Hul kan op ’n prettige manier 77 sleutelverse in die Bybel memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en daarna kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Die boek is dus ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig. Dit is ook in Engels beskikbaar as 77 Memory Verses Every Kid Should Know. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/77-onthou-verse-vir-kinders-sagteband.

77 Bybel-aktiwiteite vir kinders

Hierdie boek bevat 77 Bybel-aktiwiteite vir kinders wat spesiaal ontwerp is om kinders tussen 5 en 8 te vermaak, terwyl daar terselfdertyd ’n liefde vir God se Woord in hulle vasgemaak word. Kinders sal pret hê terwyl hulle die kolletjies verbind om te sien wat Jona ingesluk het en die diere help om Noag se ark te kry. Met hierdie boek sal kinders speel-speel meer van die Bybel leer. Die speletjies is geskik vir seuns en dogters en sal help om kritiese denke en kreatiewe probleemoplossing te ontwikkel terwyl hulle die speletjies uitpluis wat leeswerk, skryfwerk en tel insluit. Die boek is ideaal vir gebruik in Sondagskoolklasse en Christelik-gebaseerde tuisonderrig-kurrikulums. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/77-bybelaktiwiteite-vir-kinders-sagteband

Through The Bible One Rhyme At A Time

Deur John & Elizabeth George (Harvest House Publishers)

Om jou kinders te help om God se Woord te verstaan en om te sien hoe God in hulle lewens werk is baie kosbaar. Met hierdie pragtige boek kan jy jou kinders meer leer van die Bybel en God se liefde vir hul deur jou eie stem te gebruik saam met kleurvolle illustrasies. Die rym waarin die Bybelverhale geskryf is, maak die ervaring prettig en maklik om te leer. Hierdie Kinderbybel bevat stories uit die Bybel van Genesis tot Openbaring. So leer kinders ook die volgorde van die verhale in die Bybel. Daar is ook ’n gebed saam met elke storie wat jy vir of saam met jou kinders kan bid. Neem jou kinders met hierdie pragtige boek op reis deur die Bybel – een rympie op ’n slag. Illustrasies deur Seth Hahne. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/through-the-bible-one-rhyme-at-a-time-hardcover.

2019-04-30T18:50:30+00:00