Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Roar from Zion Paul Wilber (CD)

Met die wêreldbekende lofprysingsleier Paul Wilber se nuwe CD Roar From Zion kan jy luister na die uitsonderlike lofprysingsgeleentheid wat regstreeks in Jerusalem opgeneem is. Hierdie CD spog met opgedateerde weergawes van bekende en geliefde liedere soos “Adonai” en “Days of Elijah”, asook “The King is Coming”, “You are Holy”, “Song of Victory”, die titelsnit “Roar From Zion” en nog vele meer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/roar-from-zion-cd.

Awaken Michael W. Smith (CD)

Geïnspireer deur sy album Surrounded, wat ook genomineer is vir ’n Grammy toekenning as Best Contemporary Christian Music Album, het Michael W. Smith besluit om ’n lofprysingsgeleentheid in die Bridgestone Arena in Nashville te hou waar meer as 14 000 mense teenwoordig was. Die energie, passie en geestelike meelewing van hierdie aand – bekend as “A Night to Pray, Worship and Be Awakened”  – word vasgevang op dié album. Van die snitte wat op die album gehoor kan word sluit in; “Set a Fire”, “Reckless Love”, “King of Glory” (saam met Gece Winans), “Waymaker” (saam met Vanessa Campagna en Madelyn Berry), “Miracles” (saam met Mark Gutierrez), “Do It Again”, “Surrounded” (Fight My Battles), “Great Are You, Lord” en “Agnus Dei”. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/awaken-cd.

Haven’t Seen It Yet Danny Cokey (CD)

Haven’t Seen It Yetis Danny Gokey se eerste album saam met Capital CMG! Hierdie album handel oor beloftes wat elke dag voltrek word en ook dié beloftes wat nog gaan waar word. Dit spoor die luisteraar aan om vas te byt en deur te druk sodat ons kan beleef wat God se plan met ons lewe is. Snitte soos “No Pressure” en “Wanted” gee aan elkeen weer hoop om God se liefde en sy genade elke dag te beleef. Die album spog ook met meer ritmiese snitte, ’n klank waarvoor Gokey veral bekend is, soos “New Day” en “Fighter”. Gokey het harte gesteel toe hy deurgedring het na die finale rondte van American Idol Seisoen 8 en het deur die jare die verhoog met kunstenaars soos Sugarland en Taylor Swift gedeel. Hy is ook bekend vir die positiewe impak wat hy elke dag op mense se lewens maak. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/havent-seen-it-yet-cd.

Greater Things Mack Brock (CD)

Greater Things is Mack Brock se die debuut solo-album en spog ook met die deelname van gaskunstenaars soos KB, Rita Springer en Amanda Cook. Mack het 10 jaar lank as musiekvervaardiger en lofsangleier saam met Elevation Worship gewerk waar hy duisende mense in stadions en ouditoriums regoor Amerika vermaak en inspireer het.  Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/greater-things-cd.

2019-04-30T18:44:06+00:00