Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Is jy jou vreugde kwyt? Dit mag dalk wees dat jy jouself nie genoeg vertroetel en versorg nie.” Beth Moore

Veldblomlekkerte!

Jo Malone Wildflowers & Weeds Cologneis net vir ‘n beperkte tydperk beskikbaar. Die reeks bestaan uit vyf vars en vindingryke geure; Hemlock & Bergamot, Cade & Cederwood, Lupin & Patchouli, Willow & Amberen Nettle & Wild Achillea.R915 vir 30 ml. Bestel joune nou by www.jomalone.co.za.

Omgee-geskenk

Dié gewilde Elizabeth Arden Sparrow Society 2019-geskenksakkie is van 19 April tot 6 Mei by Woolworths beskikbaar. Vanjaar se ontwerp herinner aan ‘n geweefde Afrika-mandjie. Die grimeersakkie bevat sewe toetsgrootte produkte. Jy ontvang dié geskenksakkie met produkte gratis as jy twee of meer Elizabeth Arden-produkte aankoop. Een van dié produlte moet ‘n vogroom, serum of onderlaag wees. Die projek word ingespan om onder meer werkskepping onder plaaslike gemeenskappe te bevorder.

Uit die grond

Vulviese suur is ‘n familie van organiese sure wat in grond gevind word en ingespan word as aanvulling om die liggaam se gesondheid te verbeter. Navorsing toon dat dit dié suurgroep die volgende voordele inhou:

  1. Dit bevorder die vloei van suurstof na spiere en weefsel.
  2. Dit help om voedingstowwe uit die kos wat jy inneem beter te absorbeer.
  3. Dit help om skadelike vrye radikale te beveg.
  4. Dit is een van die beste elektroliete wat bestaan en help met die liggaam se vogbalans en mikro-elektriese sel-aktiwiteit.
  5. Dit versterk die skelet, hare en gewrigte.

Kyk gerus uit vir MiWATER wat vulviese suur bevat. Die drankie met ‘n kenmerkende swart kleur is deesdae vryelik op die winkelrakke beskikbaar. Lees meer by www.drinkmiwater.com

Nuut op die rak

Filorga Oxygen Glow Super-Perfecting Radiance Creamis deel van ‘n splinternuwe produkreeks wat die vel met behulp van suurstof weer laat straal. R725.

Sisley Sisleÿa Anti-Wrinkle Concentrated Serum is ‘n kragtige nuwe teenverouderingserum wat die vel verferm en selle deur gevorderde tegnologie laat ‘wakker’ word. R6 000.

Optiphi Body Curve Calm Balm Soothing Skin Saver streel en kalmeer ‘n sensitiewe en geïrriteerde vel in ‘n kits. R1 200.

Eau de Thermale Avéne PhysioLift Soothing Plumping Serum met helende fonteinwater uit Frankryk help om die vel se jeugdige voorkoms te bewaar. R469,95.

Trichotin Hair Regensis Multi-Nutrient Hair Supplement bevorder gesonde haargroei met die hulp van voedingstowwe soos ko-ensiem Q10. R418.

DermaClinical My Skin BrighterFade Fast help om pigmentasievlekke te verminder en die vel te verhelder. R450.

Schwarzkopf Root Retoucher word ingespan om grys haarwortels tussen haarkapperbesoeke te versteek. R99,99.

Elancyl Energizing Foaming Scrub versag die vel en verminder die voorkoms van selluliet met klimop-ekstrak. R165.

B.O.N Tissue Oil Cream kombineer ‘n mengsel van duifpit-ekstrak, roosbottel-olie en ander natuurlike bestanddele om die vel te voed. R99,90.

2019-03-30T20:55:50+00:00