Fliek & musiek

Hier is van die jongste CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Easter Journey

 Daar is baie maniere om Paasfees te vier en musiek is ’n kragtige medium vir geestelike belewing. Die nuwe CD Easter Journey is ’n versameling pragtige  liedere in pas met Paasfees. Die album spog met 11 snitte deur oorspronklike kunstenaars wat elk op ’n eie en unieke manier hierdie belangrike gebeurtenis binne die Christelike geloof vier. Kunstenaars wat op die album gehoor kan word sluit in: Lauren Daigle, Chris Tomlin, Crowder, Passion en vele meer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/easter-journey-cd-1.

Haven’t Seen It yet Danny Gokey

 Haven’t Seen It Yet is Danny Gokey se eerste album saam met Capital CMG! Hierdie album handel oor beloftes wat elke dag voltrek word en ook dié beloftes wat nog gaan waar word. Dit spoor die luisteraar aan om vas te byt en deur te druk sodat ons kan beleef wat God se plan met ons lewe is. Snitte soos “No Pressure” en “Wanted” gee aan elkeen weer hoop om God se liefde en sy genade elke dag te beleef. Die album spog ook met meer ritmiese snitte, ’n klank waarvoor Gokey veral bekend is, soos “New Day” en “Fighter”.

Gokey het harte gesteel toe hy deurgedring het na die finale rondte van American Idol Seisoen 8 en het deur die jare die verhoog met kunstenaars soos Sugarland en Taylor Swift gedeel. Hy is ook bekend vir die positiewe impak wat hy elke dag op mense se lewens maak. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/havent-seen-it-yet-cd.

House On A Hill Amanda Lindsey Cook

House on a Hill is Amanda Lindsey Cook se tweede album wat sy saam met  Bethel aanpak en is die perfekte opvolg op haar 2015 debuut-album Brave New World. Amanda beskryf haar persoonlike reis met hierdie album as soortgelyk daaraan om vanuit ’n digte woud te stap tot by ’n rustige oop stuk veld waar sy kan lê en rus. Dit is haar wens dat hierdie album ’n ruimte sal skep waar mense God in rustigheid en stilte kan beleef en elke dag aan Sy goedheid herinner sal word. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/house-on-a-hill-cd.

Greater Things Mack Brock 

Greater Things is Mack Brock se die debuut solo-album en spog ook met die deelname van gaskunstenaars soos KB, Rita Springer en Amanda Cook. Mack het 10 jaar lank as musiekvervaardiger en lofsangleier saam met Elevation Worship gewerk waar hy duisende mense in stadions en ouditoriums regoor Amerika vermaak en inspireer het. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/greater-things-cd.

2019-04-02T18:10:06+00:00