Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Die uitsonderlike vrou verstaan die paradoks dat sy niks en alles is. Sy verwelkom ‘n ander perspektief.” Susie Larson

Ruik die rose!

Sisley Izia Eau de Parfum is ‘n bekoorlike sagte roosgeur met ‘n tikkie sitrus. Dié geur is spesiaal geskep ter herinnering aan Isabella D’Ornano, die stigter van die Franse skoonheidshuis, Sisley. Die geur van Isabella se befaamde roostuin is in hierdie parfuum vasgevang in opdrag van haar dogter, Christine. R1 255 vir 30 ml.

Saggies ingekleur

Vir hul Herfs/Winter 2019 voorkoms kies Catrice sagte grimeerkleure wat herinner aan ‘n sagte pienk-en-blou sonsondergang. Kyk uit vir die Power Plumping Gel Lipstick (R79,95) in 10 verskillende kleure, die Superbia Vol.1 Warm Copper Eyeshadow Edition (R179,95) en die More Than Nude Nail Polish in skakerings van pienk tot sagte lila. (R69,95).

Bederfplek

Dr. P Aesthetic Lifestyle Centre is stylvol en elegant en bied diens en behandelinge uit die boonste rakke. Behandelinge is gespesialiseerd en wissel van gesigsbehandelinge met suurstof tot afskilfering, Botox, vullers en meer. Die estetiese skoonheidskliniek word bedryf deur Dr. Portia Gumede, ‘n bekende medikus van Gauteng en is geleë by Suite 401, 4/F, South Wing, Hyde Park Corner, Johannesburg. Lees meer by drpaesthetics.com.

Kleurvol én prettig

Sisley Phyto Lip Twist gee nie net lieflike kleur aan die lippe nie, maar troetel en versorg boonop met bestanddele wat die lippe sag en vogtig hou. ‘n Liefde vir Afrika sorg vir dié prettige verpakking, selfs al is dit ‘n Franse produk. R615

Nuut op die rak

Eucerin Hyaluron-Filler Volume + Lift Eye Cream SPF15 plomp die vel met vog en verminder fyn lyntjies en plooie. R319,99.

Filorga Time-Filler Night Multi-Correction wrinkles night cream werk kragtig om alle soorte plooie te beveg. R1 105.

African Extracts Rooibos Ultra Moisturising Shea Butter les van kop tot toon ‘n droë vel se dors. R72,99.

Gr8 Skincare Clean Clay Cleanser bevat geen nadelige bestanddele nie en respekteer die vel se pH-balans. R339.

Sisley Sisleya Firming Concentrated Serum span gevorderde nuwe tegnologie in om die vel te verferm. R6 000.

Payot Blue Techni-Liss Concentre plumping hyauluronic acid serum beskerm teen die verouderende effek van elektroniese skerms. R765.

Optiphi Matrix Activation Travel Pack bied die perfekte manier om dié velsorgreeks te toets en te probeer. R1 190.

Pink grapefruit & mandarin Exfoliating Shower Gel is verryk met Vitamien E en supervrugte-ekstrakte. R69,95.

Sisley Soin Velours Velvet Nourishing Cream is ’n luukse room wat die vel met kosbare saffraanblom-ekstrak troetel en vernuwe. R2 480.

2019-03-01T06:16:52+00:00