Lééf mooi

Skone aalwyn

Deur Christine Ferreira | Foto Hanneri de Wet

Aalwyn is een van die oudste natuurlike bestanddele in skoonheidsmiddels – die verkwikkende sap en ekstrakte in dié holistiese plant streel en genees jou vel.

Dis so inheems as kan kom… die aalwynplant het sy oorsprong op die Afrika-vasteland. Inheemse volke soos die Koisan het vanaf die vroegste tye bitter-aalwyn gebruik om verskeie kwale te genees en ‘n geïrriteerde vel te kalmeer. En die eerste dokumentasie oor aloe vera is meer as 2 000 jaar oud – die Egiptiese koningin Cleopatra het glo in aalwynsap gebad om haar vel jonk en sag te hou.

Vandag is aalwyn steeds ‘n staatmaker-bestanddeel in die formulering van velsorgiddels en word dit veral gebruik om die vel te kalmeer en sonskade te herstel.

Die perfekte plant

Aalwyn word as die perfekte holistiese plant beskou. Aalwyn-ekstrak kan uitwendig gebruik word deur dit aan die vel te smeer of inwendig geneem word deur die sap te drink. Dis afkomstig van die lelie-familie en daar is meer as 240 verskillende aalwynspesies. Aloe vera is die naam wat algemeen gebruik word.

Aloe ferox verwys na ‘n inheemse aalwynplant. Die plant word as ‘n superieure aalwynspesie beskou. Die dorp Albetinia in die Suid-Kaap is bekend vir sy aalwynprodukte. In hierdie omgewing groei die bitter-aalwyn geil en word die plant geoes en verwerk vir die vervaardiging van skoonheids- en gesondheidsmiddels.

10 redes waarom aalwyn goed is vir jou

  1. Aalwyn bevat meer as 20 minerale wat vir die menslike liggaam noodsaaklik is.
  2. Dit bevat ál agt noodsaaklike vetsure, sowel as 11 van die 14 sekondêre vetsure wat jou liggaam nodig het.
  3. Dis ryk aan vitamien A, B1, B2, B6, C en E.
  4. Dit bevorder goeie spysvertering en help jou liggaam om kos beter te assimileer.
  5. Aalwyn bevat stowwe wat die immuunstelsel se werking verbeter en die liggaam help om homself te suiwer en van gifstowwe ontslae te raak.
  6. Aalwyn bevorder die genesing van wonde en is ‘n uitstekende middel om enige velkwaal en -irritasies te kalmeer.
  7. Aalwyn verbeter die vermoë van die witbloedliggaampies om vreemde stowwe te absorbeer.
  8. Dit keer naarheid en help vir maagkwale. Aalwyn word ook in die behandeling van maagsere gebruik.
  9. Die sap van die aalwyn help onder meer vir artritis en ME.
  10. Dis ‘n natuurlike antibiotikum en pynstiller, en aalwynjellie kan gebruik word in die behandeling van koorsblare en seertjies in die mond.
Aalwyn is ‘n hoogs doeltreffende natuurlike vogmiddel.

Aalwyn en jou vel

Aalwynjel is een van die doeltreffendste maniere om die vel te bevog en te herstel. Die onderliggende vel word nie net deur die aalwynjel se natuurlike organiese bevogtigers gevoed nie, maar ‘n beskermende lagie word ook op die vel gevorm, wat die vel se vogvlakke in stand hou.

Aalwyn-ekstra hou die volgende voordele vir die vel in:

  • Omdat die sap van die aalwynblaar byna ‘n pH-neutraal is en ‘n groot hoeveelheid aminosure, vitamiene en minerale bevat, kalmeer dit enige vel-irritasie gou-gou.
  • Dit beskerm jou vel teen die son, wind env rye radikale. Dis ‘n anti-oksidant wat ook die tempo van selvernuwing tot drie keer verhoog.
  • Aalwyn is ‘n hoogs doeltreffende natuurlike vogmiddel.
  • Dis water-oplosbaar en word maklik deur die vel geabsorbeer.
  • Skade wat deur oormatige sonblootstelling aangerig is, word verminder deur die gebruik van ‘n produk wat aloe vera bevat.
  • Deur aalwynjel aan die vel te smeer, word die bloedsomloop gestimuleer en die vel verlewendig.
  • Dit help om die vel se gesondheid in stand te hou en veroudering te beveg deur die werking van die fibroblaste te stimuleer.
  • Byt- en steekplekke word deur aalwynsap gekalmeer.
  • Aalwyn-ekstrak bring verligting vir ekseem en psoriase.
  • Dis anti-bakteries en bevorder genesing van selle.

Om te probeer

Wees op die uitkyk vir die aloe uniquereeks skoonheidsprodukte. Probeer gerus die aloe unique Aloe& Honey Gel Maskwat die vel vernuwe en bevogtig. Die masker penetreer die vel op ‘n diep vlak om dit te stimuleer en die vel ferm en soepel te laat. Dit vernuwe ‘n moeë vel en bevat ‘n mengsel van bevogtigende bestanddele sowel as beskermende anti-oksidante soos vitamien A, B, C en E. Smeer ‘n dun lagie aan nadat jy die vel gereinig het. Jy kan selfs dié masker oornag op die vel laat aanbly. Die aloe unique Shea Body Butteris ryk en bevogtigend en bevorder elastisiteit en is spesifiek vir die lyf bedoel. Besoekwww.aloeunique.co.zavir meer inligting.

2019-03-04T20:06:56+00:00