Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

Imagine The Fall of Jericho deur Matt Koceich

Jake Henry is in graad 4 en die laaste ding wat hy onthou voor die wêreld soos wat hy dit ken verdwyn het, was om aan die slaap te raak by die somerkamp. Wat volgende gebeur is moeilik om te beskryf. Jake bevind homself omring deur massiewe klipmure wat om hom oprys – in antieke Jericho. En so bevind Jake en die leser hom binne die verhaal van die val van Jericho…

Imagine The Fall of Jericho is die derde boek in ’n reeks van drie boeke (Imagine The Great Flood en Imagine The Ten Plagues). Hierdie boeke uit die pen van onderwyser en skrywer Matt Koceich, is ideaal vir kinders 8 en 12 jaar en is vol opwindende avonture vir jong lesers. Dié pragtige reeks boeke maak die Bybel lewendig en werklik vir jongmense, terwyl dit ook belangrike beginsels by hulle inprent. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/imagine-the-fall-of-jericho-paperback.

Geïllustreerde oordenkings vir dogters deur Carolyn Larsen

Dié boek is propvol pret! Elkeen van die 366 dagstukke bevat ’n kort oordenking, wat afgerond word met ’n gebed, en ’n ontwerpte teksvers wat ingekleur kan word. Die oordenkings is die perfekte gids vir dogters wat met moeilike lewensituasies begin stoei, soos cool-wees, uitgaan, beste vriende en groepsdruk. Die oordenkings is geneem uit Eenminuut-oordenkings vir dogters, geskryf deur bekende outeur Carolyn Larsen. Die sleutelverse by elke dagstuk is pragtig ontwerp, sodat die waarheid van die Skrif in jong harte vasgelê kan word terwyl hulle die vers inkleur. Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om die evangelie aan vroue en kinders te bring. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf en haar boeke is met verskeie pryse bekroon. Carolyn woon in Glen Ellyn, Illinois, saam met haar man, Eric. Hulle het drie volwasse kinders en ook kleinkinders. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/geillustreerde-oordenkings-vir-dogters-sagteband.

Knock-Knock Joke for Kids deur Rob Elliot

Kinders is mal daaroor om grappies te vertel en sal hulle daarom hierdie boek met verskillende grappies veral geniet. Knock-Knock Joke for Kids is ’n nuwe toevoeging tot Rob Elliot se reeks boekies met prettige grappies wat kinders sal geniet om te lees en verstaan – omdat dit op hulle vlak geskryf is  – en ook geniet om oor te vertel aan maats. Elliot se vorige boekie in die reeks Laugh-Out-Loud Jokes for Kids het al reeds meer as 165 000 kopieë wêreldwyd verkoop. Rob Elliott is die outeur van verskeie gewilde grappies-boeke vir kinders.  Sy boek Laugh-Out-Loud Jokes for Kids is tans ’n USA TODAY en Wall Street Journal topverkoper. Hy woon in West Michigan, wat in sy vryetyd dit geniet om saam met sy vrou en vyf kinders te lag. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/knock-knock-jokes-for-kids-mass-market-paperback.

2019-03-04T20:06:23+00:00