Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

It’s Time A Nation In Prayer (DVD)

In 2017 het dit gevoel asof die toekoms van ons land op ’n mespunt balanseer, met verskeie sosiale probleme, ekonomiese druk, gewelddadige misdaad en boonop ‘n verlammende droogte. Dit is ook die jaar dat Angus Buchan geroepe gevoel het deur God om ’n massa-byeenkoms te hou waar alle mense van Suid-Afrika tot God bid om sodoende weer Sy hand in ons gemeenskap te vestig. Die eerste It’s Time geleentheid het op 22 April 2017 op ’n plaas buite Bloemfontein plaasgevind en was ’n reuse sukses. Oom Angus, soos wat hy onder baie mense bekend staan, het weer ’n roeping ontvang en ’n tweede It’s Time geleentheid is in Kaapstad gehou en kort daarna die derde een in Pretoria.  Beleef met hierdie DVD die wonderlike oomblikke van hierdie geleenthede, saam met Oom Angus se refleksie op dit. Daar was beloftes gemaak, wonderwerke het gebeur en mense se lewens is verander. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/its-time-cape-town-dvd.

Top 25 Praise Songs Reckless Love (CD)

Hierdie CD is die nuutste van Maranatha! Music in hulle gewilde Top 25 reeks. Top 25 Praise Songs Reckless Love spog met van die gewildste lofsang-liedere van gewilde skrywers en sangers soos Chris Tomlin, Brooke Ligertwood, Louie Giglio, Ed Cash, Leslie Jordan, Brian Johnson en Matt Redman. Hierdie is die top-liedjies wat vandag in kerke regoor die wêreld gesing word en opgeneem in verwerkings wat dit maklik maak om saam te sing. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/top-25-praise-songs-reckless-love-2-cd.

Voel jy die genade Jo Black (CD)

Die gewilde Afrikaanse sanger Jo Black bring met sy nuwe album Voel jy die genade weer pragtige en lekkerluistermusiek en ’n boodskap van hoop en geloof. “Ek het werklik my hele hart en siel in hierdie album ingestort.  Ek het baie hard gewerk aan hierdie projek en dit is my hoop dat die album mense sal inspireer op dieselfde vlak as wat dit my inspireer het terwyl ek dit geskep het,” sê Jo. Sy debuut-album Skepe was ’n reuse sukses en het talle KykNET Ghoema toekennings ontvang – soos onder andere Beste Nuweling, Beste Album van die Jaar en Beste Digitale Verkoper van die Jaar. Verder is sy musiekvideos baie gewild op Youtube en is dit reeds 8 miljoen keer besigtig.

Jo sê verder dit is vir hom ’n groot voorreg was om die album saam met die bekroonde liedjieskrywer, Johan Vorster, te voltooi. Jo se musiek kan beskryf word as inspirerende rock en sy liedjies laat jou keer op keer met ’n goedvoel-boodskap. Jo glo dat enige iemand sy of haar lewe in ’n oogwink kan verander, as jy dit net regtig wil hê of doen. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/voel-jy-die-genade-cd.

2019-03-04T20:06:44+00:00